Ahanklikheidstoets

‘n Basiese afhanklikheids vraelys

1      Dink jy dikwels aan drank?
2      Hunker jy dikwels na drank?
3      Het jy drank nodig om te ontspan?
4      Het jy drank nodig om te kalmeer?
5      Vermy jy partytjies as daar geen drank bedien word nie?
6      Drink jy dikwels alleen?
7      Drink jy dikwels skelm?
8      Drink jy altyd meer as een drankie?
9      Drink jy te veel?
10      Spog jy met die hoevelheid wat jy kan drink?
11      Drink jy die eerste drankie vinnig?
12      Drink jy soms aanhoudend vir ‘n paar dae?
13      Het jy meer drank nodig om gelukkig te voel?
14      Het jy dikwels ‘n babelas?
15      Drink jy dikwels ‘n regmaker soggens?
16      Het jy soms geheueverlies vanweë drank?
17      Het jy min eetlus wanneer jy drink?
18      Verander jou slaappatroon wanneer jy drink?
19      Word jou verhoudings benadeel vanweë drank?
20      Ervaar jy probleme by die werk vanweë drank?
21      Het jy geldelike probleme vanweë drank?
22      Skeep jy jou godsdiens af vanweë drank?
23      Het jou gesondheid verswak te wyte aan drank?
24      Is jou oë en gesig soms rooi weens drank?
25      Kry jy soms hallusinasies en waanbeelde?
26      Weier jy om jou drinkery te bespreek?
27      Raak jy kwaad as iemand jou aanspreek oor drinkery?
28      Is jou drinkery ‘n verleentheid?
29      Soek jy verskonings om te drink?
30      Dwing jy ander om saam met jou te drink?

Beatwoord die volgende vrae eerlik:

familywidekleinHierdie 50 vrae is gevaartekens van verslawing aan alkohol.

Sommige navorsers beweer dat ‘n verslawingsprobleem reeds begin ontwikkel as jy op 3 vrae “ja” geantwoord het.

Hoe meer “ja”-antwoorde daar is, hoe ernstiger is die verslawing.

Sluit aan by CAD as jy gratis hulp wil kry vir jouself of vir iemand anders.

Kobus Pienaar
CAD ORGANISEERDER

Sluit aan by die CAD vandag indien u hulp benodig!