Die Rol

Drug freeDie Rol van die CAD in die gemeenskap

Die CAD se uitgangspunt by die identifisering, versorging en behandeling van substansafhanklikes word in die hoofdoelstelling van die organisasie gegee, naamlik:

“Om te verseker dat herstellende substansafhanklikes, hulle weerhou van die gebruik van afhanklikheidsvormende substanse.”

Wetenskaplik gebasseerd

Daardeur aanvaar die CAD dat substansafhanklikheid identifiseerbaar en behandelbaar is, en dat die substansafhanklike fisies, psigies, maatskaplik en godsdienstig gehelp kan word om nugter te word en te bly.

In die voorsiening van sodanige hulp, aanvaar die CAD verder dat wetenskaplik gefundeerde benaderings tot die identifisering, detoksifikasie, rehabilitasie en herstel van substansafhanklikes nodig is. Die CAD se rol in die hantering van substansafhanklikes sluit dus in:
-Identifisering van afhanklikes vir behandeling deur afhanklikheidsbehandelingsentra;
-finansiele en praktiese ondersteuning van die afhanklike en die betrokke naasbestaandes en/of medeafhanklikes tydens en na afloop van behandeling;
-verskaffing van onderlinge ondersteuning, groepsverbondenheid en terapeutiese groei aan herstellende substansafhanklikes en hulle naasbestaandes en/of medeafhanklikes, tydens en na voltooiing van die behandeling van sodanige afhanklikheid deur ‘n afhanklikheidsbehandelingsentrum.

Kollaborasie en nasorg:

In samewerking met die Staatsdepartemente en organisasies betrokke met die opstel, uitvoer en valuasie van die bekamping van substansafhanklikheid; kerke; besigheidsorganisasies; skole en ander belanghebbende organisasies en indiwidue, poog die CAD om:
– Weerbaarheid teen afhanklikheidsvorming te bevorder;
– Nasorgdiens aan herstellende substansafhanklikes en hulle naasbestaandes en medeafhanklikes te lewer.

In die vertolking van hierdie rol is die CAD se funksionering gegrond op die Bybel as die onfeilbare Woord van God en poog die CAD om die Christelike etos, waardestelsel en -leefwyse uit te leef en te bou.

Is jy bewus van ‘n behoefte / geleentheid vir ‘n groep om in jou dorp te ontstaan?

Kontak ons gerus!!  cad@iningi.co.za