Welkom by die CAD
Indien u hierdie bladsy bereik het is die kanse goed dat u vermoed dat u, of iemand na aan u ‘n substansie afhanklikheid het.
U is by die regte plek vir hulp.
Die CAD is ‘n persoon-gesentreerde organisasie met Christelike waardes.
Die CAD is NIE ‘n rehabilitasie sentrum NIE! Ons bestaan meeste uit x-afhanklikes en mede-afhanklikes wat mekaar ondersteun deur byeenkomste of persoonlike interaksie. Ons is gewone mense met geen verskuilde agendas of vreemde gewoontes nie. Ons is vaders, moeders, kinders wat afhanklikhied deurmaak het en die lewens-verwoestende effek daarvan verstaan.
Ons is gerehabiliteerde aktiewe lede wat bestaan uit besigheids-mense, bankiers, onderwysers, prokureurs ens.
Groep byeenkomste word ongelukkig oorgedramatiseer en gestereo-tipeer deur die film bedryf as ‘n klomp wan-aangepaste mense wat sit en huil en alles uit blaker. Wel, sit in ‘n groep is waar die ooreenkoms eindig. Elke byeenkoms het normaalweg ‘n onderwerp. Ons kry gas sprekers om oor ‘n verskeidenheid onderwerpe te praat, soos afhanklikhied maar ook hoe om ‘n sobder lewensstyl te handhaaf.
Alle byeenkomste is vertroulik en privaat, so u hoef nie bekommerd te wees dat u ‘geheime’ op die lappe sal kom nie. Ons almal was daar en ken die onsekerheid daaromtrent.
Die byeenkomste is baie informeel. As u belang stel om in te skakel kontak ons nou, of daag net op by die volgende byeenkoms in u omgewing.
Op ‘n ligter noot ‘n paar algemene vrae en wanpersepsies:
Jy sal nie –
Veroordeel word nie
Snaaks aangekyk word nie
Vreemde vrae gevra word nie
Gevra word om jou storie te vertel nie
Gevra word om geld te skenk of te betaal nie
Gevra word om alles te deel nie
Medikasie gegee word nie
Teen u sin gehou word nie
Na ‘n omstrede sekte geswaai word
Gevra word om dokumente of ooreenkomste te teken nie
Nie langs iemand sit wat na alkohol ruik of ‘trip’ nie.
Jy sal wel –
Baie bly wees dat jy die eerste tree geneem het
Sien dat dit nie so vreemd is nie
Welkom voel
Mense ontmoet net soos jy
Aanvaar word vir wie JY is
Op jou gemak voel
Bly wees or jou besluit
Leer van jouself
Leer van ander
Leer oor afhanklikheid en hoe om dit te beveg
Leer van onthoudig
Die lewe weer kan geniet
En vele meer
As u voel die tyd is reg om aan te sluit – doen dit nou.
Indien u enige vrae het kontak die CAD gerus – u hoef nie eers u naam te gee nie.