Verandering Afhanklikheids Patrone
Betroubare navorsing dui aan dat die gebruik en die gebruikspatroon van substansafhanklikes aan die verander is en dat getalle en soorte substansafhanklikheid drasties toeneem. Die navorsing toon byvoorbeeld aan dat:
– Tussen 10% en 33% van volwassenes aan alkohol-afhanklikheidsprobleem ly –
dws tussen 1,8 en 3 miljoen Suid-Afrikaners;
– 25% van pre-tieners reeds dwelms probeer het, dws ongeveer 2,5 miljoen;
– 47% van substansafhanklikes alkohol as eerste keuse verkies;
– Ongeveer 9% van dwelmafhanklikes dui kokaine as eerste keuse aan;
– 2% verkies heroine.
“Nuwe” dwelms en die sg “ontwerper dwelms” maak elke dag hul verskyning. Om maar twee te noem wat hul verskyning gemaak het: metamfetamien-kristalle (tuk-tuk), goedkoop en redelik maklik verkrygbaar. Onlangs het die gebruik van freon-gas – beskikbaar as sogenaamde bevrore lug, populêr begin word.
Sien ook: http://www.mieliestronk.com/tikdwelm.html
Die dwelmbedryf se uitwerking op die ekonomie is bekend, asook die verband tussen substansafhanklikheid, werkloosheid, kriminele dade en geweld.
Daar word algemeen aanvaar dat die dwelmbedryf die wêreld se tweede grootste is, net na die wapenbedryf en voor prostitusie.