Omtrent

Welkom by die hart van die CAD Organisasie

Inleiding

GroupMeetingDie Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is ‘n selfhelp nasorg-groep wat weekliks in dorpe en woonbuurtes vergader. Die leiers is almal
gerehabiliteerde middelafhanklikes (alkohol, dwelms, medikasie) en hulle gesinslede. Hulle werk as vrywillige beraders om ander te help wat sukkel om die middels te oorwin. Hulle help ook gesinslede om ‘n afhanklike te motiveer tot soberheid. Baie gesinslede is uitgesluit van die behandelingsproses en het ook hulp nodig. Die diens is gratis.

Nasorg

Afhanklikheid van middels kan jare neem om te ontwikkel of ‘n persoon kan onmiddellik afhanklik wees. Om middelgebruik te staak kan `n sekonde neem of `n paar weke of maande se behandeling. Vir sommige neem dit jare om finaal op te hou middels gebruik. Die ware toets is egter of die afhanklike vir die res van sy/haar lewe gelukkig kan wees sonder middels. Nasorg en ondersteuning is die fokus van die CAD. Uit eie ondervinding weet ons dat dit baiemoeilik is om sober en gelukkig te bly sonder nasorg en ondersteuning.

Behandeling

In Suid-Afrika word verskillende terapie-metodes gebruik deur
terapeute en behandelingsentrums. By Ramot word psigo-terapie deur sielkundiges gebruik, aangevul deur mediese hulp, dieetkunde, ontspanning, oefening, godsdiens, vryetydsbesteding en nasorg. Die meeste ander sentrums gebruik die 12-stap Minnesotamodel, wat ook deur AA en NA in nasorg gebruik word. Die nuwe Matrix-model bestaan uit 34 lesings rakende aspekte van afhanklikheid en is geskik vir binne- en buite-pasiënte.

Inhoud van CAD-groepe

CAD FingerpointNasorg is voortgesette behandeling. Dit is onrealisties om te verwag `n persoon moet binne `n paar weke sy lewenstyl verander, veral as die omgewing of gesin nie verander nie. Die onderwerpe by CAD-byeenkomste is gemik op die behoeftes van lede sodat die persoon gemotiveerd en nugter kan bly. Die 6 doelwitte van die CAD word in ag geneem, nl. voorkoming, uitreiking, motivering/konfrontasie, ondersteuning, behandeling/nasorg en geestelike groei.

Voorbeelde van onderwerpe is die volgende:

Hantering van persoonlike snellers
Oorwinning oor nikotienverslawing
Effek van middels op die brein
Hoe om gelukkig te wees sonder middels
Geheelonthouding is die enigste genesing
Verskil tussen sosiale gebruik en afhanklikheid
Tekens van dwelmafhanklikheid
Effek van tik op die liggaam en brein
Gevare van die ocka-pyp
Verskillende terapie-metodes en effektiwiteit Lewenstylveranderings

Praktiese oefeninge

Hoe werk die menslike brein?
Hantering van spanning, woede, pyn, spesiale geleenthede
Verslawing aan ander middels soos koffie en sjokolade
Bemarking en fondswerwingbigstock Alcoholism 4207085
Getuienisse
Kreatiewe vryetydsbesteding
Die opbou van `n gesonde selfbeeld – Motiveringstegnieke
Paneelkonfrontasie
Voortekens van `n terugval
Navorsing oor die effek tiwiteit van behandeling

Hierdie tipe onderwerpe is deel van behandeling en help afhanklikes om nie terug te val nie. Die CAD gebruik ook `n model van 10 stappe as riglyn om soberheid te handhaaf.

Opsomming

Enige belangstellende kan `n CAD-groep begin. In die Wes- en Suid-Kaap is daar `n voltydse Organiseerder om groepe te help stig en op te lei. Enige persoon kan dus gratis betrokke raak by die rehabilitasie van middelafhanklikes. As u iemand wil help of as u self `n probleem het met afhanklikheid, skakel gerus die nommers hierbo.

Kobus Pienaar