Van ‘n ma en dogter van ‘n alkoholis
Van Alma. [Eggenote]
Van Alma. [ Eggenote]
Pierre het gevra dat ek my belewenis van sy drankprobleem en die lewe daarna moet uiteensit.
Hy het alreeds gedrink toe ons nog uitgegaan het [1985]. Dit het baie rusies veroorsaak. Hy het baie keer sleg dronk geword en dan was dit nie lekker in sy geselskap nie, alhoewel hy nooit aan my probeer slaan het nie.
Dan kon hy net nie oordentlik loop, praat of dans nie,maar hy wou altyd self sy motor bestuur wat dan weer rusies tot gevolg gehad het.
Nadat ons getroud is, het hy partymaal verdwyn op sy drinktogte. Dan was hy miskien by ‘n kroeg, maar meestal by sy drinkevriende. Dan het ek ure op hom gewag tot ek sy motor hoor intrek in die erf.
Toe die kinders Jessica en Juan Pierre al gebore was en hy so verdwyn het; het ek verskillinde emosies ondervind. Dit het kort op mekaar gevolg.
Julle moet net dit weet, op Vrydaemiddae as ek van die werk af huis toe kom het ek nooit geweet wat om te verwag nie. Pierre kon dalk tuis wees, maar klaar dronk, of hy kon glad nie daar wees nie. As dit laasgenoemde is, sien ek hom eers weer die volgende oggend. Ek sal deur aand en nag bid dat hy moet terugkom of dat iemand net moet laat weet waar hy is.
Daar was tye wat ek hom gehaat het en selfs gewens dat hy moet doodgaan, want dan sou ek ten minste altyd kon weet waar hy is.
Wanneer ekso moes wonder waar hy is en hoeveel hy drink, was ek soms kortaf met my kinders. Ek het baie verskonings vir hom gesoek. My familie moes byvoorbeeld nie weet dat hy drink nie. Ek het altyd die een of ander verskoning gehad van waar hy is of hoekom ek en die kinders alleen iewers heengaan. Ek wou ook nie hê dat my familie oor naweke moes kom kuier nie, want hulle mag hom dalk dronk kry. As hy dronk van iewers af kom, selfs tuis dronk raak, het ek gewoonlik baie kwaad geword er rusie gemaak. Hy het my dan geignoreer en dit het my selfs nog kwater gemaak. Ek sou dan selfs ‘n paar klappe aan hom uitdeel en partymaal het ek sy glase stukkend gegooi. Agterna het ek dan skuldig gevoel, want dit is nie soos ek wou wees nie voor my kinders nie.
Dit was net omdat ek so magteloos gevoel het. Een Saterdagaand het Pierre weer verdwyn en my laat die aand van die polisiestasie af gebel. Hy het gesê dat sy motor gesteel is en dat hulle nou daarmee besig is. Die Saterdagaand het hy huistoe gekom en net sy spaarsleutelskom haal, want hy het gesê hulle het sy motor gekry, maar soek nou sy sleutels.
Toe is hy weer weg en het eers die Sondagmiddag huistoe gekom. Intussen het ‘n sersant van die polisie my gebel om te hoor waar Pierre is, omdat Pierre veronderstel was om hom die oggend te gaan sien. Toe Pierre uiteindelik tuis opdaag, sê hy dat hy eintlik vir dronkbestuur gevang is en dat hy opgesluit was vir die nag. Ek het snaaks genoeg, glad nie baklei nie.
Ons het saam die Maandagoggend na die sersant toe gegaan en ek het ook saam met Pierre hof toe gegaan.
Die saak is uitgestel en ons het die middag ons predekant gaan sien. Hy het gerëel dat Pierre die volgende dag in die Welbeda ght sentrum opgeneem word. Ek het hom self die volgendedag na die sentrum toe geneem, omdat hy wou kop uittrek. Hy is vir drie weke opgeneem en kon naweke huistoe kom, maar het verkies om die volle tydperk daar te bly om sy selfvertroue op te bou. Vandat hy daar was is ons baie openlik oor sy probleem en my familie het ons voluit ondersteun in alles. Alhoewel ek dit vir my familie probeer vegsteek het, het hulle maar tog geweet van die probleem.
Dit is nou nie meerte wonder wat om teverwag nie. Ek en Pierre het al funksies bygewoon, waar drank vrylik beskikbaar is, maarhy het nie belanggestel nie. Ek kon sien aan hom dat hy sterk staan en dat hy verander het as mens. Ek ken hom nou sonder vrese alleenof saam met ander mans na plekke toe gaan.
Partymaal terg Pierre die kinders en sê dat hy vir hom gaan bier koop, dan raak hulle baie kwaad en bang vir hom. Pierre wou aanvanklik nie hê Jessica moes by die skool van die dinge praat nie, maar het besef dat dit haar manier is om die dinge te verwerk en dat sy trots is op haar pa.
Pierre het een Sondag in ons gemeente ‘n volle getuienis afgelê. Baie van die gemeentelede was geskok om alles te hoor. Dit wys jou dus hoe goed ons alles weggeteek het. Ek hoop die getuienis sal van waarde wees vir ander.
Liefde
Alma.
Van Jessica.
Toe my pa gedrink het ,het ek aangehou om te bid. Een dag op die strand sê ek vir my pa dit is nie mooi om drink nie en dit maak Jesus se hart seer.
My pa besluit toe om na ‘n sentrum toe te gaan. Ons almal was bly gewees. Ek, my ma en my broer het elke naweek daar gaan kuier. Toe hy uit die sentrum kom het ek gevoel dat my aanbidding verhoor is.
Noudat my pa opgehou het gaan alles beter by die huis.
Liefde
Jessica.