Hoe om in te gryp indien hulp nie verlang word nie
Meeste van die tyd is die afhanklike deeglik bewus van sy/haar probleem. Maar hul raak so uit voeling met hulself dat hulle in totale ontkenning verval. Selfs die idee daaraan om sonder hulle dwelm te lewe is ondenkbaar. Normale gesprekke en soms herhaaldelike onderonsies het sigbaar geen impak op hulle nie.
Ek is seker u ken die gevoel.
As u iemand ken wat verslaaf is hetsy aan drank of dwelms, het ons ‘n beproefde metode waardeur ons die persoon tot verantwoordbaarheid roep – die Intervensie of Ingryping. Dit is om die persoon bewus te maak dat hy/sy besig is om hom-/haarself en mense na aan hom/haar skade aan te doen. Meer hieroor kan op bladsy 7 van ‘Oorwin dit’ gelees word.
Vir meer informasie kontak Rene Combrinck:
Sellulêre foon: 082 571 5472