Paasfees 2018
Waarom is die kerke met Kersfees oorvol, maar met Paasfees is die opkoms ooglopend drasties minder? Selfs by vakansie plekke is drie dienste op Kersdag soms nie genoeg om al die mense te akkomodeer nie. Is Jesus se kruisdood en opstanding nie van groter belang as Sy geboorte nie? Dalk is dit omdat Kersdag
net een uur van ons vra maar Paasfees te veel ure van ons tyd opneem: Donderdagaand, Goeie Vrydag, (party maal nog Saterdag ook!), Sondagoggend en –aand en dalk Maandag oggend nog `n uur!
Ek wil nie melodramaties raak nie, maar het Jesus nie die hemel verruil vir `n bedorwe aarde om in ons plek `n dienskneg te word nie? Het Hy nie verwerping en die uitlag van sy eie mense namens ons verdra nie. Het Hy nie in ons plek die vernedering van 39 houe met `n kats geneem en uiteindelik naak aan `n kruis vir ons sonde-gemors en van God verlate gesterf nie? Is sit dan te veel gevra dat ons tydens Paasnaweek `n paar dienste bywoon? Hy het Sy alles vir ons gegee! Kom ons bewys ons dankbaarheid hierdie Paasnaweek en nooi mense met ons saam om Hom te gaan loof en prys vir dit wat ons, sonder verdienste, van Hom ontvang het.
Maandag kan ons jubel en juig want Jesus het waarlik opgestaan. Hy het die satan en die dood oorwin en laat ons toe om saam met Hom die oorwinning te vier! Ons is vol vreugde wanneer ons sportspan `n oorwinning behaal het en spog by almal wat wil luister daaroor. Ons verkondig: “Ons het gewen!” Al het ons self nie gespeel nie is dit nog steeds ons oorwinning. Dieselfde met Jesus Christus wat die oorwinning aan die kruis op Golgota behaal het. Ons wat Hom aangeneem het as Saligmaker en Verlosser mag dit uit jubel: “Ons het gewen!” Nou moet ons dit ook aan almal wat wil luister gaan vertel van die grootste oorwinning wat ooit op aarde behaal is!
`n Geseënde Jesusfees word aan al ons lede en hul dierbares toegebid.
René Combrinck
Nuwejaarsboodskap 2018
Ons kan met groot verwagtinge uitsien na die jaar wat voorlê! Jesus Christus het deur Sy liefde en genade vir ons die regverkry om as `n 18A organisasie by die Ontvangergeregistreerte word. Nou kan ons die publiek en besighedenader om vir ons tot 10% van hul belasbareinkomste aftestaan, wat hulle dan van hul inkomste kan aftrek wanneer hulbelasting bereken word. In ruil vir `n donasie, kry hulle `n goeie voordeel. Vir die eerste keer in jare kan ons die doelwitte wat ons so graag wou bereik, nou `n werklikheid maak. Met die fondse wat gaan inkom, sal ons eerstens onganiseerders in al die provinsies aanstel. Almal weet dat die CAD weens `n tekort aan fondse nie naastenby die werk kon doen waarvoor ons gerat is nie.Ons kan daarom uitsien na `n jaar vol moontlikhede wat ons slegs kan bereik deur die toewyding van ons lede en die genadige leiding en bystand van Jesus Christus. Dit is ook die jaar waarin ons konferensie aangebied gaan word. Bid asbvir Noordelikes wat dit in September gaan aanbied! Ek en van my kleinkinders het in die vakansiena The Lion King DVD gekyk. Die fliek hou vir ons as volgelingevan Jesus `n belangrike les in. Toe die koning sterf nadat sy broer Scar hom nie wou help nadat hy (Mufasa) sy seun (Simba) gered het nie, het Scar die jongleeutjie verkwalik vir sypa se dood. Simba het die leuen geglo en weggehardloop. Hy het nie besef dat hy na sy pa se dood die koning geword het nie! Gebeur dit nie ook maar met ons dat ons nie altyd besef dat Hy wat in ons is groter is as enige uitdaging of probleem is nie? Ons is Koningskinders! Kom ons gaan hierdie jaar in met die wete dat al gebeur wat ookal met ons, of hier om ons, kan ons vashou aan Ps. 91:7. “Al val daarduisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.” Voorspoed “Gospel”? Nee, geloof in al sy glorie! `n Voorspoedige 2018 word aan al ons lede en hul gesinne toegewens. René CombrinckKersfees 2017
“Vir ons is `n Seun gebore, aan ons is `n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.” Jes. 9:5 – 6. Die geboorte van ons Saligmaker en Verlosser wat die ewige lewe vir ons kom verseker het! Hierdie wonderlike nuus is nie eerstens aan konings en heersers gebring nie, maar aan eenvoudige herders. Jesus was ook in sy aardse bestaan nie deur belangrike en vername mense beïndruk nie. Hy het verkies om vissermanne en tollenaars op te lei om Sy grootste boodskap wat ooit aan die mens gebring sou word, te gaan vertel. Selfs met Sy opstanding het Hy `n vrou, wat nie in daardie tyd hoog geag is nie, met dié belangrike boodskap na Sy disippels gestuur. Die eerste persoon aan wie Hy Homself as die Christus geopenbaar het, was `n Samaritaanse vrou! Al hierdie gebeure het Jesus gekies om vir ons elkeen te laat verstaan dat niemand te eenvoudig of te arm of te minderwaardig is om in Sy koningkryk te dien nie. Hy soek nie “able” mense om Sy goeie nuus aan die wêreld te verkondig nie. Hy soek “available” mense wie Hy kan gebruik. Indien ons bereid is om in Sy diens te staan, vra Hy dat ons sal aanmeld by die geleenthede wat alreeds by die kerke beskikbaar is. Gooi jou volle gewig in en kyk hoe Hy jou gaan gebruik. Laat hierdie Kersfees ons herinner dat Hy dit nie te vernederend geag het om die hemel vir die aarde te verruil, sodat ons gered kan word nie. Kom ons volg Sy voorbeeld en reik uit in hierdie mooi tyd na hulle op wie die wêreld sy rug gedraai het. `n Geseënde Kersfees word aan al ons lede en hul gesinne toegewens! René CombrinckDit is weer lente
Namakwaland is besig om in die mooiste kleureprag omskep te word. Die pragtigste blomme wat skielik hul opwagting maak, sonder dat `n mens se hand hul geplant het! Jesus gee vir ons`n klein kykie van wat ons eendag in die hemel sal sien. Al kan ons dit nie met die hemelse prag vergelyk nie, maak dit ons opgewonde wanneer ons besef dat dit wat ons nou sien `n miljoen keer mooier in die hemel gaan wees! Lentetyd is ook die liefdestyd. Daar is iets in die lug wat jou meer romanties laat voel as enige ander tyd van die jaar. Mense vier die koms van die lente met die vervraaing van hul blyplekke en selfs by die werkplekke sien jy die mooiste blomme. Wil jy `n meisie of jou vrou beïndruk? Gee vir haar blomme en kyk wat gebeur! Ek is tans in Ierland. In hul strate is daar oral groot houers met die mooiste blomme wat aan die pale langs die pad gehang is. `n See van blommeprag! Dit is so mooi dat ek aanvanklik gedink het dit is mens gemaakte blomme. Maar as jy daaraan vat besef jy dit is skeppings van Jesus Christus wat vir ons gegee is om te geniet. `n Teken van sy onvoorwaardelike liefde vir ons, al verdien ons dit nie. Kom ons by die CAD vier hierdie lente met `n nuwe intieme verhouding met Jesus. Hy het in Sy woord belowe dat as ons dit doen Hy vir ons `n vrede en vreugde sal gee wat alle verstand te bowe sal gaan! `n Geseënde lentetyd word aan al ons lede en hul gesinne toegewens.
René Combrinck
Boodskap vir 2017
Die jaar wat vir ons voorlê wat nie glo aan wat “die sterre voorspel” nie, kan dit met groot verwagtinge aanpak omdat ons weet ons Leier, Jesus Christus bepaal hoe dit sal verloop.
Hy het self in Lukas 11:13 gesê: “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
Ons kan hierdie jaar aanpak met die wonderlike wete dat Jesus ons deur hierdie jaar sal dra en ons sal wys wat ons kan doen om die CAD meer relevant te maak.
Dr Caroline Leaf skryf in haar boek: Maak `n kopskuif: “Soos wat jy dink, so is jy”. Die Woord sê in Rom. 12:2: “Laat julle lewe verander deur julle denke te vernuwe”. Die boodskap is duidelik: As ons negatief is (deur ons denke en dit wat ons spreek) dan sluit ons die hemel volgens Matt. 16:19 toe en sal daar nie vooruitgang in die CAD wees nie!
Kom ons vra Jesus om ons te help om in hierdie jaar positiewe dinge oor die CAD te dink en te spreek. Verwyder negatiewe gedagtes soos: die CAD is maar net `n deurgangshuis waar mense sober word en dan verdwyn, of ons sukkel omdat ons min fondse ontvang en nie kan doen wat noodsaaklik is nie, ens. Raak positief en vertel aan almal dat hierdie dié jaar is waar alles wat ons nog graag in die CAD wou doen, met die hulp van Jesus Christus gaan gebeur. Wees opgewonde omdat ons Leier, Jesus, tot alles in staat is en as ons in geloof vra, belowe Hy dat ons dit sal verkry. `n Geseënde 2017 word aan almal toegewens.
René Combrinck
Christusfees 2016
Kom ons jubel en juig oor die grootste gebeurtenis wat nog ooit in die wêreld plaasgevind het: God het uit liefde vir ons, Sy kosbaarste geskenk in Jesus Christus gegee!
Jesus was gewillig om Sy Hemelse status op te offer om vir ons, wat Hom aangeneem het as Saligmaker en Verlosser, vir ewig van die sondelas te kom verlos. Al het Hy geweet wat dit sou kos om die volmaakte offer te word, het Hy nie teruggedeins vir die prys wat Hy daarvoor moes betaal nie. Die pyn wat Hy moes ly, die bespotting wat Hy moes dra, die verwerping wat Hy moes beleef, kon nie opweeg teenoor Sy alles oorheersende liefde vir ons nie. Om ons vry te maak van die sonde, vir ons die vyand en die dood aan die kruis op Golgota te vernietig sodat ons vir ewig saam met Hom in die hemel kan woon, was Sy grootste en enigste doel hier op aarde.
Kom ons jubel en juig op 25 Desember oor die koms van Jesus Christus, Weet verseker Hy het na die aarde toe gekom sodat niemand verlore hoef te gaan nie, maar vir ewig kan lewe. (Joh. 14:16)
Ons feesvierings moet Hom eer en verheerlik en daarom nie met uitspattighede of ‘n oormaat van alkohol of dwelms gepaard gaan nie. Wees dankbaar vir wat Jesus vir jou onverdiend gedoen het en vertel dit aan almal sodat die mensdom die ware betekenis van Kersfees kan verstaan.
‘n Geseënde Christusfees word aan al ons lede en hul families toegewens.
René Combrinck