Nuwe Jaar 2017

Nuwejaar's boodskap van die president van die CAD.

Ons Missie

Die Christelike afhanklikheidsdiens is 'n dinamiese Organisasie wat ondersteuning bied aan alles afhanklikes en hulle gesinne.

Ons ondersteun die afhanklike en hulle famielie fisies, psigologies, sosiaal en gesstelik - om meer produktiewe en gelukkige mense te wees.

Van uit persoonlike ervaring van afhanklikheid en oorwinning is daar opregte begrip vir jou probleem. Skakel vandag nog jou naaste CAD groep!

Die CAD is nie 'n behandeling sentrum nie - dit is 'n ondersteunings groep.

Wie mag aansluit?

Gerehabiliteerd

Persone wat rehabilitasie deurmaak het by ‘n sentrum. Opvolg ondersteuning is noodsaaklik tot blywende soberheid.

Self-help

Persone wat self met afhanklikheid gebreek het. Hierdie is een van die moeilikste maniere om afhanklikheid te oorkom. Kom en ontmoet mense wat jou sal ondersteun en ophef.

Afhanklikes

Persone steeds vasgevang in die web van afhanklikheid kan met die hulp van die CAD ‘n nuwe lewe begin. (Persone onder die invloed sal nie by byeenkomste toegelaat word nie.

Familie

Familie wat mede-afhanklik is. Die eggenote, kinders, gesin of direkte familie word dikwels verwaarloos in die rehabilitasie proses. Ons ken die pyn, maar ook die vreugde om te kan kommunikeer met iemand wat werklik verstaan. Ons moedig u aan om aan te sluit.

Ander

Persone wat ‘n belang het daaraan om ander wat met afhanklikheid sukkel te help. U het dalk ‘n familie-lid of geskiedenis van iemand na aan u wat gesukkel het, of steeds sukkel met afhanklikheid. Of u het dalk net bloot ‘n passie om mense te help.

Professioneel

Professionele mense wat graag insig en ondersteuning wil bied is baie welkom. Dokters, sosiale werkers, terapeute en persone in die Christelike bediening se bydraes word baie waardeer.

Wat gebeur tydens byeenkomste?

Byeenkomste is informeel. Die doel is samesyn en wedersydse ondersteuning. Groeplede stel self die program op en 'n verskeidenheid van aktiwiteite word aangebied bv. Inligtingsessies, debat, Bybelstudie en sosiale byeenkomste.

Daar word gepoog om aktiwiteite interessant en aangenaam te maak. Geen druk word op lede geplaas om deel te neem aan besprekings of getuienisse nie. Lede voel egter so vinnig tuis dat hulle graag spontaan deelneem. Vertroulikheid word voortdurend gehandhaaf.

Wat bied die CAD?

Die CAD bied gereedskap vir 'n sober lewe.

  • Help 'n persoonlike verhouding met Jesus bou
  • Konferensies met ander groepe
  • Leer om senllers en pyn te hanteer
  • Leer emosies en persepsies verwerk
  • Help bou 'n nuwe lewens-styl
  • Leer probleem-oplossing en krisis hantering
  • Maak kennis met suksesvolle mense
  • Persoonlike groei verbeter
  • Leer nuwe lewensvaardighede
  • Verhoed eensaamheid
  • Leer wantroue hanteer

Vinnige V en A’s

Moet ek 'n bydrae lewer om aan te sluit?
Nee, dit is 'n gratis diens.

Moet ek aan 'n spesifieke kerk behoort?
Nee, enige persoon wat identifiseer met Christelike waardes kan aansluit.

Moet ek 'n rehabilitasie program voltooi?
Nee, daar is baie persone wat afhanklikheid oorwin het sonder formele behandeling.

Mag ek by ander groepe ook betrokke raak?
Ja, u is welkom om by ander groepe aan te sluit.

Is nasorg en opvolg regtig so belangrik?
JA! Navorsing toon dat die moontlikheid van 'n terugval aansienlik minder is met die ondersteuning van 'n groep soos die CAD.

Het u dalk ‘n probleem?

As u wonder of u dalk 'n probleem het is die kanse groot dat u dalk alreeds een het.

Sluit aan by ‘n groep

By die CAD word u deel van 'n groter groep van liefdevolle, ondersteunende, biddende familie van wenners!

Ondersteun ons organisasie

Aangesien ons 'n nie-winsgewende organisasie is, is ons afhanklik van donasies van weldoeners. Ons dank u vir u goedhartige bydrae tot ons werk.

CAD NASIONAAL
ABSA Bank
TJEK REKENING: 104 467 0158

CAD Vrystaat
ABSA Bank
TJEK REKENING: 405 187 7484

CAD Kroonstad
ABSA Bank
TJEK REKENING: 105 294 0199

CAD N-Tvl Gebiedskomitee
ABSA Bank
SPAAR Rek: 9207 246 9619