Die verwantskap tussen die hoof- en die bykomende doelstellings van die CAD word uitgebeeld in Fig.1.1. In kort, die doelstellings is gegrond op die Christelike etos, waardestel en leefwyse, naamlik:
o Nugterheid: verseker dat herstellende substansafhanklikes hulle weerhou van die gebruik van afhanklikheidsvormende substanse;
o Behandeling: identifiseer afhanklikes vir behandeling;
o Ondersteuning: ondersteun herstellende substansafhanklikes deur nasorg en herintegrasie in die gemeenskap;
o Groei: voorsien terapeutiese groei aan herstellende substansafhanklikes en hul mede-afhanklikes, en
o Weerstand: bevorder weerstand teen substansafhanklikheid.