ANGSAANVALLE
Lesing gehou te CAD De Tijger op 24 Mei 2010 om 1900 deur dr. Johan du Toit
op versoek van lede wat angsaanvalle kry, 14 persone teenwoordig.
– Angs is soos vrees en spruit uit gevaar. Dit waarsku die mens en lei tot aksie om jouself te beskerm.
– Angs is `n fobie wat verband hou met stres en akute spanning. Dit word `n siekte wat dikwels verband hou met depressie.
– Simptome van angs is bv. benoudheid, sweet, hartkloppings, naarheid.
– Fobies ontwikkel wanneer angs deur `n spesifieke objek veroorsaak word.
– Mense wat ly aan agorafobie verkies om tuis te bly omdat hulle bang is vir beperkte ruimtes; sosiale fobie-lyers wil nie tussen ander mense kom nie.
– Angs kan oorgeêrf word of dit kan volg op `n traumatiese gebeurtenis.
Behandeling:
Chemiese neuro-oordragstowwe in die amagdala-deel van die brein dra bood-skappe oor na die reseptore in die menslike liggaam. Angs ontwikkel wanneer daar `n wanbalans in die oordragstowwe is, bv. te min serotonien. Benzodiasi-piene en anti-depressante vermeerder die serotonien en herstel die wanbalans.
Oefening bring efedrien voort en verhoog die suurstof in die bloed en brein, asemhaling- en spieroefening help die liggaam ontspan, dwelmmiddels en alkohol los nie die probleem op nie maar bring kunsmatige verligting. Bepaal wat jou angs veroorsaak en stel jouself sistematies bloot om minder sensitief te wees vir die oorsaak. Praat met jouself en doen iets prakties om jou aandag af te lei, kommunikeer positief met ander oor jou probleem en aanvaar dinge wat jy nie kan verander nie. Werk saam met ander teen die probleem.
Bespreking:
Angs kan in siklusse ontstaan, bv. elke 6 weke of 3 jaar. Angs en depressie volg op middelmisbruik en verslawing. Neem een dag op `n slag as alles te veel word.
Beplanning:
Lede kan op 31 Mei 2010 vertel wat hulle doen om angs te voorkom.
Hantering van fobies en angsaanvalle
Bron: Phobies and how to overcome them – Understanding and beating your fears. 2005. James Gardner and Arthur Bell.
Tipes fobies:
1. Agorafobie of engtevrees = enige beperkte area soos hyser, vliegtuig, kas, tonnel, motor, kamer. Lyers bly tuis uit vrees vir angsaanval.
2. Spesifieke fobies = objekte of situasies soos bad, donkerte, vlieg, dans, eet, seks, drink, werk, praat in publiek, slaap, natreën, armoede, siekte, hakkel, oudword, skaduwees, treine, spoed, dood, geboorte, urinering, verkragting, jaloesie, ens.
= diere of plante soos insekte, katte, spinnekoppe, paddas, wurms, perde, bome, groente, kieme, muise, miere, slange, luise, seelewe, dierevelle, hoenders, ens.
= emosies of sensasies soos hoogtes, pyn, slaap, verstikking, woede, aanraking, enkellopend, floute, onnetheid, mislukking, liggaamsreuk, hoë geboue, voorkoms, noutes, lighoofdigheid, lag, koue, skok, homoseksualiteit, beweging, moegheid, geraas, eensaamheid, lig, oorgewig, simmetrie, hitte, droogte, ens.
= items, kleure of middels soos naalde, knoffel, stof, ruïnes, goud, trappies, vleis, spieëls, chemikalieë, hande, horlosies, glas, kristal, begraafplase, rekenaars, fietse, gif, metaal, alkohol, motors, wolke, tande, papier, poppe, baarde, pers of geel kleur, die maan of sterre, telefone, teaters, klere, skeermesse, houtitems, ens.
= natuur of omgewing soos wind, vloede, ewigheid, donderweer, ontploffings, swaartekrag, tyd, ryp of dou, daglig, vogtigheid, tornados, nag, reën, lopende water, vuur, skaduwees, see, hemel, ens.
= mense of professies soos mans, groepe, gestremdes, vroue, narre, geeste, tandartse, skares, tieners, engele, priesters, bedelaars, stiefmoeders, meisies, bleskoppe, politici, skoonma`s, tiran, vreemdes, ens.
= liggaamsdele en -funksies soos opgooi, siektes, seks, hardlywigheid, semen, neusbloei, voortplantingsorgane, naaktheid, bloed, hipnose, geboorte, oë, drome, ontbinding, eet, operasies, hare, inspuitings, urinering, ontlasting, inenting, ens.
3. Sosiale fobies = interaksie met mense, prestasie, verleentheid, kommer, praat in publiek. Lyers meng nie met ander mense uit vrees vir angsaanval. Dit is die algemeenste fobie na middelafhanklikheid en depressie.
4. Fobies deur onderliggende angs, bv. vrees vir kieme
Simptome van paniekaanval:
Hartkloppings, duiseligheid, naarheid, opgooi, maagwerk, enurese, kortasem, sweet, warm en koue gloede, bewerigheid, borspyne, gil, paniek.
Feite oor angs:
Vervang mites en wanpersepsies met realiteit en waarheid:
– Angs is deel van die menslike ondervinding
– Angs sal jou nie doodmaak nie: Eerder beskerm en motiveer
– Die menslike gemoed het `n natuurlike drempel vir angs
– Identifiseer jou vrese en oorkom dit
– Hanteer jou verlede, vermy bekommernis oor die toekoms, verander jou lewenstyl
– Jy kan nie die wêreld verander nie, maar wel jou persepsies en houding
– Hoe meer jy angs probeer beheer, hoe meer beheer dit jou
– Angs moenie keuses en besluite bepaal nie
– Gebruik gereedskap om angs te hanteer
– Bou selfvertroue deur ondervinding en blootstelling
Basis vir behandeling:
Almal kan gedagtes en geloof verander, jy kan disfunksionele program uitwis en vervang, jy kan nuwe vaardighede aanleer om angs te hanteer.
– Fobies begin in die brein, die brein reguleer die liggaam en gemoed, fobies is vanweë chemiese wanbalans in die brein, soms word vals boodskappe oorgedra, fobies kan geneties oorgeêrf word
– Angs/paniek/depressie word veroorsaak deur wanbalans in serotonien of do-pamien of norepinefrien, dit neem tyd om te herstel met medikasie soos Pro-zac of Zoloft, alle angsprobleme kan behandel word deur balans te herstel
– Die temporale lobbe beheer angs en paniek, neuro-transmitters verminder as gevolg van stres, moegheid, pyn, hormone, slaaploosheid, emosies
– Middels maak die senustelsel meer vatbaar vir fobies, middels versteur slaap en emosionele gesondheid, middels is verslawend en veroorsaak mediese probleme, middels lei tot kinderverwaarlosing en -misbruik
Oorsake van wanbalans in brein:
– Lewensondervinding soos oorbeskerming, egskeiding, dood, werksverlies
– Traumatiese gebeure soos misdaad, verlies van ledemaat
– Persoonlikheidstipe soos histrionies, narsisisties, grensgeval, paranoïes
– Onderliggende buierigheid, angs en gedragsprobleme
– Ongesonde aktiwiteite en keuses
– Mediese probleme
– Oorerwing
– Spanning van adolessensie, huwelik, werk, armoede
– Dwelms, alkohol, medikasie
– Min ondersteuning en gebrekkige vaardighede
Aanleer van fobie:
1. Persoon kry pyn in die bors, televisieprogramme oor hartaanvalle maak hom bekommerd, voel siek, sweterig en lam, soek lys van hartprobleme op internet, raak paniekerig, bel nooddienste, word gehospitaliseer, kry akute angsaanval,
mediese ondersoek, gaan huis toe sonder breedvoerige verduideliking van toe-stand, begin dokters vrees, reageer in paniek met enige verandering in gesond-heid, begin gereelde angsaanvalle kry.
2. Werknemer van 30 het nog nooit gevlieg, eerste vlug in klein, vol vliegtuigie, geen lugreëling, 15 minute vertraging, baie warm en benoud, bang om laat te kom vir afspraak, begin sweet, trek baadjie uit en haal das af, haal moeilik asem en kry borspyn, kan nie uitkom want trap is reeds weg en deur is toe, kry hart-kloppings en paniekaanval, probeer diep asemhaal, gesig vertrek, sien rooi spikkels van hoë bloeddruk, kop wil ontplof, naar, lighoofdig, alles sweef, kal-meer eers na landing, neem bus terug huis toe, gaan vir kognitiewe gedrags-terapie en mediese ondersoek, leer in fases om weer in stilstaande vliegtuig te sit en te ontspan, spandeer tyd by lughawe, lees op oor veiligheidsmaatreëls, bespreek gevoelens met dokter en sielkundige, neem kalmeerpil, vlieg in groot vliegtuig met lugreëing.
Tipes paniek-siektes:
Algemene angs, paniek-aanvalle, akute stres, post-traumatiese stres, obses-sief-kompulsiewe persoonlikheid, anoreksie, bulimie, hipokondries, hare uittrek,
selfbesering, voorkomsveranderings, hormonale wanbalans.
Oorsake van depressie:
Eetlusprobleme, psigomotoriese gestremdheid, moegheid, slaapprobleme, selfmoordneigings, skuldgevoelens en waardeloosheid, verloor belangstelling in plesier, probleme om te dink, te konsentreer en besluite te neem.
Wie is geneig om fobies te ontwikkel:
Mense met `n familiegeskiedenis van fobies, kinderverwaarlosing en -mishan-deling, kinders met swak ouers, dwelms, trauma, spanning, geestes-siekte, swak gesondheid, pyn, moegheid, eet- en slaapprobleme.
Behandeling van fobies:
Mediese ondersoek:
– Toets kliere, suiker, kalsium, hart, brein, dwelms, gewasse, ruggraat
– Verwys na spesialis soos kardioloog, neuroloog, psigiater, endokrinoloog
– Gee medikasie volgens behoeftes van neuro-transmitters
Berading, psigo-terapie, kognitiewe gedragsterapie:
– Stel vlak van opvoeding en opleiding vas, beroep
– Verhoudingsprobleme
– Familiegeskiedenis
– Trauma en spanning
– Fisiese simptome
– Gevoelens en emosies
– Vorige behandeling
Terapie:
– Los inhibisies op, maak vrese minder sensitief, verhoog selfvertroue
– Leer tegnieke om stres te hanteer
– Doen rollespelle om sosiale vaardighede te leer
– Geleidelike blootstelling aan snellers
– Toepaslike medikasie
– Hanteer wan-interpretasies, skewe persepsies, abnormale geloof bv. ek het geen beheer oor my angs nie, ek is vasgevang, my angs gaan tot `n katas-trofe lei, ek is swak en kwesbaar, ek moet perfek wees
– Blootstellingsterapie: Verleer gedrag wat angs veroorsaak
– Sosiale vaardighede: Leer hoe om in sekere situasies op te tree
– Gesins- en groepsterapie: Doen rollespelle, ons teen probleem
– Woedebeheer: Hersien verwagtinge, ontspan fisies, reageer rasioneel
Angs gereedskapskis:
– Dieet: Geen kaffeïen, alkohol, suiker, vet, rys, graan, meel
Eet baie vars vrugte en groente, volgraan, bone, maer vleis
Neem vitamine-aanvullings
– Positiewe gedagtes: Fokus op sterkpunte, leer uit stresvolle situasies, skep groei-geleenthede, kies om die positiewe in elke situasie raak te sien, aanvaar dit wat jy nie kan verander nie, leer om te vergewe, lewe vandag
– Verander jou uitkyk en interpretasie
– Neem beheer oor en bou selfvertroue
– Beëindig negatiewe verhoudings
– Bestuur jou tyd suksesvol
– Leef binne jou begroting en moenie skuld maak nie
– Doen daaglikse oefeninge en joga
– Mediteer in die Woord van God
– Wees dankbaar vir jou seëninge
– Slaap genoeg
– Ontwikkel roetine: Slaaptyd, etenstyd, oefening, rus
– Woon ondersteuningsgroepe by
– Visualiseer sukses en geluk
– Beheer outomatiese liggaamsfunksies
– Oorweeg natuurlike geneesmiddels soos homopatie, akupunktuur, naturopatie, Chinese medisyne, kruie, aromaterapie
– Gebruik terapieë soos musiek, troeteldier, humor, water, massering, hipnose, asemhaling, gebed.
Reëls:
Staan rustig op, gaan slaap vroeg, beperk take, leer om nee te sê, versprei take, delegeer, vereenvoudig die lewe, leef een dag op `n slag, lewe binne jou begroting, vermy skuld, bly soms stil, hou ekstra stel nooditems soos sleutels, geniet die lewe, doen oefening, eet reg, lag baie, vergewe ander, doen goeie dinge, wees dankbaar en nederig, hou van jouself, geniet ander se sukses.
Uitfassering van fobie:
Aanvaar die fobie, maak doktersafspraak, identifiseer primêre vermydingsge-drag, selfmedikasie, bepaal effek van fobie op jou lewe, bepaal oorsake, bepaal oorsake van spanning, wat vererger die fobie, gebruik gereedskap, verander lewenstyl, fokus op jou sterkpunte, volg professionele persone se aanbevelings, bepaal hoekom jy die fobie wil oorkom, praat met jouself.