Gerehabiliteerd
Persone wat rehabilitasie deurmaak het by ‘n sentrum. Opvolg ondersteuning is noodsaaklik tot blywende soberheid.
Self-help
Persone wat self met afhanklikheid gebreek het. Hierdie is een van die moeilikste maniere om afhanklikheid te oorkom. Kom en ontmoet mense wat jou sal ondersteun en ophef.
Afhanklikes
Persone steeds vasgevang in die web van afhanklikheid kan met die hulp van die CAD ‘n nuwe lewe begin. (Persone onder die invloed sal nie by byeenkomste toegelaat word nie.
Familie
Familie wat mede-afhanklik is. Die eggenote, kinders, gesin of direkte familie word dikwels verwaarloos in die rehabilitasie proses. Ons ken die pyn, maar ook die vreugde om te kan kommunikeer met iemand wat werklik verstaan. Ons moedig u aan om aan te sluit.
Ander
Persone wat ‘n belang het daaraan om ander wat met afhanklikheid sukkel te help. U het dalk ‘n familie-lid of geskiedenis van iemand na aan u wat gesukkel het, of steeds sukkel met afhanklikheid. Of u het dalk net bloot ‘n passie om mense te help.
Professioneel
Professionele mense wat graag insig en ondersteuning wil bied is baie welkom. Dokters, sosiale werkers, terapeute en persone in die Christelike bediening se bydraes word baie waardeer.