{"id":458,"date":"2016-12-02T19:08:17","date_gmt":"2016-12-02T17:08:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.cad.org.za\/afr\/?page_id=458"},"modified":"2016-12-02T19:08:29","modified_gmt":"2016-12-02T17:08:29","slug":"geskiedenis","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/","title":{"rendered":"Geskiedenis"},"content":{"rendered":"<h4>ONTSTAANGESKIEDENIS VAN CAD\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 28\/10\/2008<\/h4>\n<p><strong>1.\u00a0\u00a0\u00a0 INLEIDING<\/strong><\/p>\n<p>&#8216;n Feesblad &#8220;50 jaar van genade &#8211; Vrijzee 1939-1989&#8221; bied interessante inligting oor die ontstaansgeskiedenis van CAD.\u00a0 Ander inligting wat bygedra het tot CAD se ontstaan sal verwelkom word sodat &#8216;n volledige prentjie gevorm kan word.\u00a0 Stuur asseblief aan Gebiedskantoor by &#99;&#97;&#x64;&#64;&#114;&#x61;&#x6d;o&#116;&#x2e;&#x63;o&#46;&#x7a;a<\/p>\n<p><strong>2.\u00a0\u00a0\u00a0 GOODWOOD SE ONTSTAAN<\/strong><\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die gebied was &#8216;n sandwoestyn voor ontwikkeling.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In die somermaande is dro\u00eb sandduine gevorm deur die sterk Suidoostewind.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In die winter was elke straat tussen duine &#8216;n vlei.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die eerste naam was Waaisand, daarna Kaapse Vlakte.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die Paarl, Stellenbosch en Franschhoek was voor 1700 reeds dig bewoon.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In September 1885 is die eerste grond in die huidige Goodwood-gebied aan &#8216;n boer toegeken (MJ Louw).<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In 1724 is gras en olienhoutbome aangeplant om die sand te probeer beheer.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In 1845 is &#8216;n ho\u00eb gruispad gebou vir 40 000 pond (die huidige Voortrekkerweg).<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Wilde rankvye, Port Jackson en mirte is aangeplant.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In 1904 koop die dorpsontwikkelaars Joyce en McGregor die plaas en begin strate uitl\u00ea;\u00a0 in 1905 word die eerste erwe verkoop.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die spoorlyn is in 1862 gebou.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In 1905 is &#8216;n perdewedrenbaan gehou en vernoem na die beroemde baan Goodwood in Engeland.\u00a0 Die naam Goodwood kom van Godwin&#8217;s wood en beteken &#8220;plek van God se vriend&#8221;.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Nuwe dorpies rondom Goodwood heet Townsend, Vasco, Richmond (wat later Vrijzee geword het).<\/p>\n<p><strong>3.\u00a0\u00a0\u00a0 CAD SE ONTSTAAN<\/strong><\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Op 16 November 1917 het die gemeente Parow\/Goodwood afgestig van Durbanville.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Op 30 Desember 1926 het Goodwood afgestig van Parow.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Op 5 April 1939 het Vrijzee afgestig van Goodwood.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Vrijzee se naam was eers Raymond, toe Elsiesrivier, daarna Noordweg;\u00a0 sedert Januarie 1974 is dit Vrijzee.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Ds DP (Dirk) Hamman is in Augustus 1939 vanaf Peddie beroep en het tot 1972 in die gemeente gedien (33 jaar).<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Evangelisasie en alkoholverslawing het vir ds Hamm an baie na aan die hart gel\u00ea en dit het sy lewenstaak geword.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Hy was &#8216;n stigterslid van Ramot.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Tommie Brown, vader van Piet Brown, se getuienis oor sy verlossing van alkoholverslawing het ander verslaafdes gehelp om ook te oorwin.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die eerste byeenkomste was sedert Pinkster in 1953 in die pastorie se studeerkamer elke Sondagoggend na die erediens.\u00a0 Vandaar het lede huisbesoek gedoen by alkoholafhanklikes.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Ander selfhelpgroepe het ontstaan om afhanklikes te ondersteun en te help, bv Saamstaan in Heidelberg (Kaap) in 1962 en Onesimus in Transvaal in 1956.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Op Heidelberg (Kaap) het sterk leiers na vore getree om die Saamstaan Vereniging in 1962 te stig soos Josef en Hanna de Villiers, Berrie en Santie Gildenhuys, Nico Knoetze, Babes van Deventer, Jerrie Eksteen, ds Piet du Toit, Ted Raats en ander.\u00a0 Baie mense het die Vereniging as &#8216;n nuwe sekte beskou of het dit as &#8216;n vergadering van &#8220;dronkies&#8221; beskou wat steeds skelm drink.\u00a0 Die groep het egter as kampvegters opgetree vir sober alkoholiste en hulle gesinne.\u00a0 Almal was welkom by Saamstaan.\u00a0 Die direkteur van Ramot het elke jaar op Saamstaan se verjaardag opgetree as gasspreker (wyle ds Piet du Toit is dr Johan du Toit se broer).<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Staanvas word in 1961 in Pretoria gestig en Ramot in Parow in 1964.\u00a0 Familieaande vorm deel van die behandeling.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die Onesimus Familievereniging by Ramot het elke tweede Vrydagaand vergader wanneer &#8220;oop&#8221; vergaderings gehou is vir familie van pasi\u00ebnte.\u00a0 Ander Vrydagaande is &#8220;geslote&#8221; vergaderings gehou vir Ramot pasi\u00ebnte.\u00a0 Ds DP Hamman was die eerste Voorsitter en Tommie Brown die Onder-voorsitter.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Een van die Pinksterdienste in 1965 by die NGK Noordweg (Vrijzee) is bygewoon deur al Ramot se binne-pasi\u00ebnte en baie van die oud-pasi\u00ebnte.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Volgens ds Dirk Hamman word die beste resultate behaal as persone jare lank\u00a0 betrokke bly by nasorggroepe na behandeling vir verslawing.<br \/>\n&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Uit die nuusblad van die Onesimus Vereniging en Ramot van 1965 blyk dit dat dieselfde kernelemente teenwoordig was by die rehabilitasieproses as vandag:<\/p>\n<p>&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 erken verslawingsprobleem<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 rol van familie is baie belangrik<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 konfrontasie deur geliefdes is nodig<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 gaan vir behandeling<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 vervang drankduiwel met God as Meester<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 doen nasorg om staande te bly<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 maak veranderings aan lewenstyl<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 wees gelukkig met nuwe, sober lewe<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 help ander wat steeds vasgevang is<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 familielede se neuroses verg ook behandeling<br \/>\n&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0 nasorg is voortgesette behandeling vir alle betrokkenes<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die nuusblad &#8220;Net vir die Alkoholis&#8221; het maandeliks verskyn en het 30c per jaar gekos.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 &#8216;n Deurslaggewende voorwaarde vir volkome herstel is te vinde in Lukas 8:39:\u00a0 &#8220;Gaan terug na jou huis en vertel vir die mense alles wat God vir jou gedoen het.\u00a0 Die man het weggegaan en hy het vir almal in die stad vertel wat Jesus vir hom gedoen het.&#8221;<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Na oorlegpleging tussen Vrijzee groep, Saamstaan en Ramot word die Christelike Alkoholiste Vereniging (CAV) in 1966 g estig.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die Vrijzee groep het die naam &#8220;Eendrag&#8221; aanvaar en was aanvanklik deel van die Christelike Unie vir die Rehabilitasie van Alkoholiste (CURA) met Hannes Bornman as Voorsitter.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die Vasco groep se naam was &#8220;Legio&#8221; met Piet Brown as Voorsitter.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die groepe was in die sewentigerjare\u00a0 baie sterk en het tussen 40 en 70 lede elk gehad, met &#8216;n eie kantoor, telefoon, 24 uur noodlyn, ens.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 In die negentiger jare het die groepe saamgesmelt vanwe\u00eb kwynende lidmaatskap en beperkte fondse.\u00a0 Die huidige CAD groep &#8220;Ons Gee Om&#8221; vergader steeds Dinsdagaande om 19h30 met Jannie Engelbrecht as Voorsitter (Vrijzee NG Kerksaal).<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0 Die CAV het op 31 Oktober 1976 ontbind en die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is terselfdertyd gestig.<\/p>\n<p>Die CAD<\/p>\n<p>Om die hartklop van &#8216;n organisasie te verstaan, moet ons weet waarvandaan dit kom, waar dit nou is en waarheen dit beweeg.<\/p>\n<p>Die CAD het &#8216;n mooi verlede, &#8216;n betekenisvolle hede en &#8216;n belowende toekoms.<\/p>\n<p>Tydens Pinkster 1953 begin ds DP Hamman met &#8216;n groepie alkoholverslaafdes in Vrijzee besoekwerk doen.\u00a0 Kort daarna word die Saamstaan Vereniging te Heidelberg Kaap gestig.\u00a0 Die Onesimus Vereniging wat in 1956 in die Transvaal deur ds Dan de Beer gestig is, kan\u00a0 as &#8216;n voorloper van die Christelike Alkoholiste Vereniging beskou word.<\/p>\n<p>Gedurende die 1957 Sinode van Kaapland word daar na die aanhoor van &#8216;n verslag van &#8216;n kommissie van ondersoek goedkeuring gegee aan die oprigting van &#8216;n Kerklike Sentrum vir die behandeling van alkoholverslaaafdes.<\/p>\n<p>Die Sinode van Noord-Transvaal besluit in 1957 om &#8216;n nasorghuis vir behandelde verslaafdes daar te stel en in 1961 word die Staanvas-sentrum in Pretoria vir die doel in gebruik geneem en in 1966 begin die sentrum met kliniese behandeling.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad insake Alkoholisme (SANRA) is in 1956 gestig.\u00a0 In 1962 verskyn die Br\u00c3\u00bcmheer verslag oor verslawing en dit lei tot die Wet op Rehabilitasie Sentrums van 1963.<\/p>\n<p>Ramot in Parow word in 1964 geopen.\u00a0 Ds JL Swanepoel begin met familie-aande by Ramot in belang van die behandelde verslaafdes en hulle gesinne.<\/p>\n<p>Die Christelike Alkoholiste Vereniging<\/p>\n<p>Na oorlegpleging tussen die Ramot-, Vrijzee- en Saamstaan Groepe word besluit om die Christelike Alkoholiste Vereniging (CAV) te stig, waarby al drie groepe ingesluit sal wees.\u00a0 Die eerste hoofbestuursvergadering vind op 30 April 1966 te Ramot plaas.\u00a0 Daar is ooreengekom dat die naam van die Saamstaan Vereniging sal voortleef in die maandblad, deur dit &#8220;Saamstaan&#8221; te noem.<\/p>\n<p>In 1969 neem die Sinode van Kaapland &#8216;n besluit waarin die stigting van CAV-takke in gemeentes aangemoedig word.\u00a0 Toe die hoofbestuur in 1969 in Bloemfontein vergader was daar reeds 17 takke.<\/p>\n<p>Wet\u00a0 41 van 1971 hersien alle vorige wetgewing insake die voorkoming en behandeling van alkohol- en dwelmafhanklikheid.\u00a0 Vrywillige korttermynbehandeling word aangemoedig en geregistreerde rehabilitasiesentrums ontvang subsidie en kom onder die toesig van die destydse Departement van Volkswelsyn en Pensioene.\u00a0 Vanaf 1974 ontvang die CAV ook subsidie van die staat via die AKDB.<\/p>\n<p>Intussen het &#8216;n ander Vereniging in die Kaap ontstaan wat ook kerklike steun en erkenning geniet het.\u00a0 Hulle was eers bekend as die AAD, nl Anti- Alkohol Organisasie, maar het later die naam Christelike Unie vir die Rehabilitasie van Alkoholiste nl, &#8220;CURA&#8221; aanvaar.\u00a0 Die Sinode van Kaapland kon nie twee verenigings met dieselfde doelstellings onder sy vleuels neem nie en na samesprekings willig die Eendrag Tak van CURA\u00a0 in om te ontbind en tree toe as die Eendrag Tak van die CAV in 1974.<\/p>\n<p>Volgens die grondwet was die CAV tot 1975 nog steeds &#8216;n buitekerklike vereniging wat nie deur alle gemeentes aanvaar is nie. Omdat die CAV uit die alkoholistesorg van die NG Kerk gebore is en omdat sy lede oorwegend aan die NG Kerk behoort het, was daar &#8216;n sterk behoefte om die diens wat die CAV gelewer het formeel in die barmhartigheidsdiens van die NG Kerk op te neem.<\/p>\n<p>Die AKDB het die pad oopgemaak deur bepalings vir &#8216;n Christelike Alkoholiste Diens van die NG Kerk op te stel.\u00a0 Die CAV het op 31 Oktober 1976 ontbind en CAD-groepe is in verskillende gemeentes georganiseer (Suidpunt groepe het `n groot aandeel).<\/p>\n<p>In die nuwe bedeling het die Hoofbestuur plek gemaak vir Gebiedskomitees van die verskillende sinodale streke.\u00a0 Dit het dadelik inisiatief gestimuleer, groei bevorder en kontrole vergemaklik.<\/p>\n<p>Die doel van die CAD<\/p>\n<p>Die doel van die Christelike Alkoholiste Diens is om die Barmhartigheidsdiens van die NG Kerk aan Alkohol- en dwelmafhanklikes te bevorder.\u00a0 Hierdie doel kan deur die volgende funksies verwesenlik word:<\/p>\n<p>1.\u00a0\u00a0\u00a0 Die CAD lewer voorkomingsdienste ten opsigte van verslawing.\u00a0 Persone wat middels gebruik is soms onbewus van die groot gevare wat skuil in\u00a0 oormatige en onoordeelkundige middelgebruik.\u00a0 Enige persoon wat soms sy matigheidsgrens oorskry mag op die pad wees van verslawing.\u00a0 Om smart en verlies in die toekoms te voorkom, versprei die CAD inligting\u00a0 en literatuur en lede deel hulle eie ondervindings van verslawing en oorwinning.<\/p>\n<p>2.\u00a0\u00a0\u00a0 Die CAD maak kontak met verslaafdes om hulle tot soberheid te motiveer.\u00a0 So kan sommige verslaafdes met behulp van die CAD hulle verslawingsprobleem oorwin.<\/p>\n<p>3.\u00a0\u00a0\u00a0 Die CAD motiveer verslaafdes om behandeling in &#8216;n sentrum te ondergaan indien hulle nie in staat is om self hulle probleem binne redelike tyd met behulp van die CAD te oorwin nie.<\/p>\n<p>4.\u00a0\u00a0\u00a0 &#8216;n Verdere funksie van die CAD is behandelingsondersteuning. Terwyl die persoon behandeling ontvang, ondersteun die CAD die gesin, verleen hulp waar nodig en moedig die pasi\u00c3\u00abnt aan om samewerking te verleen en sy behandeling te voltooi.\u00a0 Hulle toon &#8216;n lewendige belangstelling in hom deur gereelde besoeke en kontak gedurende sy behandelingsfase in die sentrum.<\/p>\n<p>5.\u00a0\u00a0\u00a0 Die CAD lewer &#8216;n nasorgdiens aan verslaafdes wat die verslawing oorwin het, asook aan hulle gesinne en familielede. Lede leer by mekaar hoe om die oorwinning oor verslawing vol te hou en om `n terugval te voorkom. Hulle het dieselfde probleme beleef, hulle kan opgekropte pyn deel en die vaardighede bemeester hoe om in verskillende situasies op te tree.\u00a0 Die CAD is soos `n groot gesin wat mekaar liefdevol ondersteun.<\/p>\n<p>Min mense besef hoe onseker die verslaafde in werklikheid is wanneer hy die sentrum verlaat., veral die een wat gebaat het by sy behandeling.\u00a0 Aan die een kant is hy vol entoesiasme en ondernemingsgees om terug te keer na sy gesin, sy werk en sy omgewing.\u00a0 Hy wil graag ook gaan toepas dit wat hy in die sentrum geleer het,\u00a0 maar aan die ander kant het hy baie dinge verbrou, dinge wat hy sal moet regstel.\u00a0 Hy gaan terug na &#8216;n samelewing wat nie sy probleem verstaan nie, &#8216;n samelewing wat dalk nog nie klaar is met straf, verwyte en agterdog nie.\u00a0 As hy maar net kon teruggaan na &#8216;n samelewing en vriendekring wat hom verstaan.<\/p>\n<p>Hierdie nuwe hawe om na terug te gaan is presies wat die CAD graag wil doen en aanbied.\u00a0 Die CAD werkers ken die persoon se vrese en twyfel want die meeste CAD werkers het self deur die meule gegaan.\u00a0 Hulle ontmoet hom op &#8216;n vlak waar hy is.\u00a0 Hulle is bereid om saam met hom te loop deur al sy krisisse heen totdat hy sy selfvertroue herwin het, en hy by die normale lewe kan aanpas en aanvaar word.<\/p>\n<p>Terwyl hy in hierdie leerskool van die CAD is, begin hy weer inploeg wat hy in die Sentrum ontvang het.\u00a0 Hy help nuwe werkers en neem deel aan die gemeenskaplike rehabilitasieprogram.\u00a0 Hy leer ander en hy word self geleer.\u00a0 Dit is die pad na emosionele volwassenheid.\u00a0 As &#8216;n verslaafde aktief by die CAD betrokke is en uit sy eie liefdesdiens begin verrig, sal hy voortdurend sy sober lewe stel in diens van die CAD , sy Heer en sy kerk.<\/p>\n<p>Die bydrae van die nie-verslaafdes in die nasorgdiens moet en kan nie onderskat word nie.\u00a0 Hulle leer by ons, maar die verslaafde leer by hulle om sonder middels te sosialiseer, sonder middels lewensprobleme aan te pak, te verwerk en om sonder middels gelukkig te wees.\u00a0 Daarom dat ons nie-verslaafdes in die CAD as lede het.\u00a0 Gewoonlik is dit mense wat nog bereid is om met hulle medemens gemoeid te raak.\u00a0 Ons wil leer om met sober mense saam te leef.\u00a0 Ons het hulle nodig want hulle kan vir ons kanale oopmaak na persone wat verslawingsprobleme het.<\/p>\n<p>6.\u00a0\u00a0\u00a0 Die CAD wil al sy werkers aanmoedig tot volhardende geloof in Jesus Christus wat die duurste prys ook vir die redding van die verslaafde betaal het.<\/p>\n<p>Opsommend kan ons s\u00ea dat die doel van die CAD verwesenlik word deur onderlinge ondersteuning, gesonde groepsgebondenheid, terapeutiese en geestelike groei aan middel-afhanklikes te bied.<\/p>\n<p>Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.\u00a0 Dit is deel van ons wese:\u00a0 God het ons gemaak dat ons ons medemens nodig het, om liefde te kan gee en te ontvang.<\/p>\n<p>Dit is egter hier waar die CAD baie kan en moet doen.\u00a0 CAD werkers wat die mens in nood ken kan hier sy hulp en diens gee.<\/p>\n<p>Een van ons grootste probleme in die ou CAV en tans in die CAD is gesonde leierskap.<\/p>\n<p>Sommige verslaafdes verlaat die sentrum\u00a0 met min selfvertroue.\u00a0 Selfvertroue is een van die belangrikste eienskappe van &#8216;n leier.\u00a0 Die\u00a0\u00a0 sober\u00a0 persoon wat dit opreg bedoel om &#8216;n sober lewe te voer, het die ondersteuning en liefde nodig van sy lewensmaat, sy kinders, sy vriende, sy werkgewer en sy medemens om sy selfvertroue te herwin.<\/p>\n<p>Die Gebiedskomitee van Wes-Kaap het &#8216;n daadwerklike poging aangewend om leierskap te bevorder.\u00a0 Leierskursusse is aangebied waar lede met behulp van video-apparaat hulself kan bekwaam om op te tree as leiers in die aktiewe groepe.<\/p>\n<p>Vir die persoon wat tot selferkenning gekom het van sy verslawingsprobleem, wat dit opreg bedoel het met sy rehabilitasie en vir wie dit &#8216;n begeerte is om sober voort te leef, is die CAD `n anker in sy lewe.\u00a0 By die CAD kan hy sy heil uitlewe en herwin wat hy verloor het.<\/p>\n<p>Dankie aan almal wat die CAD goedgesind is.\u00a0 Dankie aan vakkundiges in die gemeenskap,\u00a0 leraars,\u00a0 werkers en vriende. Mag CAD van krag tot krag gaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>ONTSTAANGESKIEDENIS VAN CAD\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 28\/10\/2008 1.\u00a0\u00a0\u00a0 INLEIDING &#8216;n Feesblad &#8220;50 jaar van genade &#8211; Vrijzee 1939-1989&#8221; bied interessante inligting oor die ontstaansgeskiedenis van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":15,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-458","page","type-page","status-publish","hentry"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.3 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Geskiedenis - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Geskiedenis - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"ONTSTAANGESKIEDENIS VAN CAD\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 28\/10\/2008 1.\u00a0\u00a0\u00a0 INLEIDING &#8216;n Feesblad &#8220;50 jaar van genade &#8211; Vrijzee 1939-1989&#8221; bied interessante inligting oor die ontstaansgeskiedenis van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-12-02T17:08:29+00:00\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"12 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/about\\\/geskiedenis\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/about\\\/geskiedenis\\\/\",\"name\":\"Geskiedenis - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2016-12-02T17:08:17+00:00\",\"dateModified\":\"2016-12-02T17:08:29+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/about\\\/geskiedenis\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/about\\\/geskiedenis\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/about\\\/geskiedenis\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Omtrent\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/about\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Geskiedenis\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/\",\"name\":\"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\",\"description\":\"CAD - Oorkom afhanklikheid\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Geskiedenis - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Geskiedenis - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","og_description":"ONTSTAANGESKIEDENIS VAN CAD\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 28\/10\/2008 1.\u00a0\u00a0\u00a0 INLEIDING &#8216;n Feesblad &#8220;50 jaar van genade &#8211; Vrijzee 1939-1989&#8221; bied interessante inligting oor die ontstaansgeskiedenis van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/","og_site_name":"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","article_modified_time":"2016-12-02T17:08:29+00:00","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"12 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/","url":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/","name":"Geskiedenis - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/#website"},"datePublished":"2016-12-02T17:08:17+00:00","dateModified":"2016-12-02T17:08:29+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/geskiedenis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Omtrent","item":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/about\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Geskiedenis"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/","name":"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","description":"CAD - Oorkom afhanklikheid","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/458","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=458"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/458\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":460,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/458\/revisions\/460"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/15"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=458"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}