{"id":287,"date":"2016-11-21T16:13:47","date_gmt":"2016-11-21T14:13:47","guid":{"rendered":"http:\/\/www.cad.org.za\/afr\/?page_id=287"},"modified":"2016-12-12T14:51:35","modified_gmt":"2016-12-12T12:51:35","slug":"n-lewe-met-dwelms","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/","title":{"rendered":"&#8216;n Lewe met dwelms"},"content":{"rendered":"<h5>Hierdie is die ware verhaal van my lewe as afhanklike<\/h5>\n<p>Author Monument (Lyttelton)<\/p>\n<p>Suid-Afrika is &#8216;n groot land met\u00a0 baie probleme.\u00a0\u00a0 Een van die probleme is dwelmmisbruik en dit is erger wanneer handelaars gerig is op sagte teikens, veral skole.\u00a0 Ek voel dat daar nie genoeg gedoen word in ons skole,\u00a0 of as ouers, om ons kinders op te voed oor die gevare van dwelms en alkohol nie. Ons leef in &#8216;n konserwatiewe samelewing waar mense nie openlik wil praat oor dwelms nie.\u00a0 Om hierdie probleem\u00a0 te\u00a0 ignoreer is verkeerd en ouers moet self beheer neem deur opgevoed te raak\u00a0 oor dwelms, sodat hulle op hul beurt hul kinders kan opvoed oor gebruik van dwelms.\u00a0 Net soos wat ons ons kinders oor seks en die gevolge van MIV leer, moet ons hulle ook vertel van die gevare van dwelmmisbruik.<br \/>\nDaar word nog steeds geglo dat as jy jou kind op &#8216;n vroe\u00eb ouderdom leer van\u00a0 die gevare van dwelmmisbruik,\u00a0 sal dit &#8216;n verskil maak.\u00a0 Ouers vermaan kinders soms om iets nie te doen, omdat dit sleg is sonder om te verduidelik waarom.\u00a0 Dit is beter om\u00a0 openlik met hulle te praat oor die gevare van dwelmmisbruik en die voordele van &#8216;n dwelmvrye lewe.\u00a0 Ons kan nie langer s\u00ea &#8220;dit kan nie met my kind gebeur nie&#8221; of &#8220;dit is die skole of SAP se plig&#8221; nie.\u00a0 Dit is in ons beste belang om as ouers iets te doen\u00a0 teen dwelmmisbruik deur openlik te wees daaroor<br \/>\nNiemand is &#8216;n kenner op die gebied van ouerskap nie en daarom deel ek graag my lewe as &#8216;n dwelmverslaafde met julle met die hoop dat ouers en kinders sal baat vind by die lees van my belydenis.\u00a0 Ek is nie trots op wat ek met my lewe gedoen het of oor al die mense wat ek in die proses seergemaak het nie, maar\u00a0 dit sal my gelukkig maak as my vertelling van dit wat ek ervaar het en die pad wat ek gestap het &#8216;n kind daarvan sou weerhou om ooit te begin met die gebruik van dwelms of alkohol.<br \/>\nAs die oudste van vier seuns met\u00a0 goeie ouers wat hard gewerk het om ons alles te gee wat ons nodig het, en\u00a0 &#8216;n baie hegte familie met baie liefde vir mekaar, het ons in 1974 verhuis vanaf Kaapstad na Johannesburg, wat beteken het &#8216;n nuwe skool en nuwe vriende.\u00a0 Op die ouderdom van dertien en in &#8216;n nuwe skool het\u00a0 sport &#8216;n groot rol gespeel om aanvaar te word in die groep.\u00a0 Ek wou nog altyd &#8220;een van die seuns&#8221; wees en\u00a0 so het ek deel geword van\u00a0 &#8216;n baie kragtige bende,\u00a0 wat hul reputasie verdien het as gevolg van die slegte dinge wat hulle gedoen het.\u00a0 Op &#8216;n dag\u00a0 het\u00a0 ek saam met die bende alkohol gebruik by &#8216;n partytjie waar &#8216;n ouer man, wie ons geken het, my &#8216;n &#8220;joint&#8221; aangebied het.\u00a0 As &#8216;n tiener het\u00a0 ek\u00a0 niks geweet van dagga nie, behalwe dat dit onwettig was en het daarom het ek nie nee ges\u00ea nie. As gevolg van die\u00a0 vreemde gevoel wat dit my gegee het, het ek ook nie gehuiwer om dit te weer te gebruik nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-288\" src=\"http:\/\/www.cad.org.za\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-300x225.jpg\" alt=\"Masitting\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-300x225.jpg 300w, https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-230x173.jpg 230w, https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-350x263.jpg 350w, https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1.jpg 400w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p>Min het ek geweet dat dit die begin was van &#8216;n lang en stadige pad na dwelmverslawing deur rook en alkohol, voor, tydens en na skool .\u00a0 My skoolwerk en sport het begin agteruitgaan, maar as &#8216;n tiener\u00a0 het ek altyd &#8216;n verskoning vir my gedrag gehad.\u00a0 Vir twee jaar tot en met die ouderdom van vyftien, was drink, die rook van dagga, uithang saam met bendelede, mense seer te maak en hul geld te steel vir dagga, baklei my lewe.\u00a0 Alkohol en meisies was my lewenstyl.\u00a0 Op die ouderdom van sestien het ek as gevolg van &#8216;n rugbybesering &#8216;n epilepsielyer geword.\u00a0 Ek het begin eksperimenteer met ander dwelms soos LSD wat\u00a0 &#8216;n ander &#8220;high&#8221; tot gevolg gehad het.\u00a0 As gevolg van my epilepsie\u00a0 het\u00a0 skoolgaan vir my so moeilik geraak dat ek skool verlaat het en ek\u00a0 begin jammer voel\u00a0 het vir myself.\u00a0 Dit\u00a0 was &#8216;n groot fout omdat dit my net meer dwelms laat gebruik het om\u00a0 beter te voel oor myself.\u00a0 Ten spyte daarvan dat ek geweet het dit is onwettig en dat dokters my gewaarsku het om agv my epilepsie\u00a0 nie alkohol of dwelms te gebruik nie, het ek steeds volgehou.<\/p>\n<p>My familie het weer van Johannesburg na Pretoria verhuis waar ek begin het om Kollege by te woon om matriek te\u00a0 voltooi.\u00a0 Hier het ek weer nuwe vriende gemaak en dit was pret om die hele dag in &#8216;n kroeg rond te hang in plaas van klasse by te woon.\u00a0 Dit was in hierdie tydperk dat die rook van Mandrax\u00a0 die &#8220;inding&#8221; was.\u00a0 Ek is op hierdie stadium opgeroep om weermag opleiding te doen.\u00a0 Die rook Mandrax was &#8216;n slegte ervaring en het veroorsaak dat my gesondheid en my lewe voor my o\u00eb begin agteruitgaan het, maar\u00a0 ek het nie omgegee nie.\u00a0 My Lewe het afgestuur op di\u00e9 van &#8216;n volle dwelmverslaafde en ek het gelewe net om\u00a0 &#8220;stoned&#8221;\u00a0 te raak.\u00a0\u00a0 Nadat ek uit die weermag gekom het , het kon ek net kontrakwerk gedoen, maar die salaris wat ek verdien het was nie genoeg om my leefstyl van verslawing aan die gang te hou nie.\u00a0 Dit het beteken dat ek begin het met onwettige aktiwiteite soos die verkoop van gesteelde goedere, steel, en basies enigiets om geld te kry, en dit alles vir &#8216;n &#8221; high &#8220;.\u00a0 Dit het gelyk asof die medikasie vir epilepsie my immuunstelsel meer weerstandig teen dwelms gemaak het\u00a0 in vergelyking met &#8216;n gewone verslaafde. Tussen die ouderdom van 19\u00a0 en 26 was ek altyd in die moeilikheid a.g.v. gevegte binne en buite klubs en ek is vier keer gevang vir die besit van dagga, is ook verdink van ander aktiwiteite, maar daar was geen bewys nie.\u00a0 In hierdie tydperk het my verslawing aan LSD en Mandrax vererger en het dit my tussen R300 en R600 per dag gekos. Vir my was dit &#8216;n speletjie\u00a0en ek het nie besef of omgegee oor die pyn wat dit my familie besorg het nie.<\/p>\n<p>Die lewe was net een groot partytjie\u00a0 van die dwelm &#8220;cocktails&#8221; en ek het\u00a0 soos &#8216;n &#8220;roller-coaster&#8221; op en af voort gespoed ten spyte daarvan dat ek\u00a0 gesien het van ander se\u00a0 slegte ervarings op LSD.\u00a0 &#8216;n Mens sien skrikwekkende dinge wat nie eers daar is nie, en jy\u00a0 skrik wanneer\u00a0 mense wat jy ken &#8216;n oordosis voor jou o\u00eb neem.\u00a0 Dit is nie &#8216;n lekker plek\u00a0 om te wees wanneer iemand wie jy ken voor jou o\u00eb sterf of byna sterf as gevolg van te veel dwelms nie.\u00a0 Ons het op hierdie stadium na vriende in Johannesburg gegaan waar ons net gesit en normale mandrax gerook het.\u00a0\u00a0 Ons het &#8216;n plan vir &#8216;n diefstal gehad en geweet dit is onfeilbaar.<\/p>\n<p>Die tyd was reg,\u00a0 01:30 die oggend.\u00a0\u00a0 My vriend het besluit 4 is te veel om saam te gaan en\u00a0 2 ouens het gegaan en 2 gebly.\u00a0 Teen 06:30 het die telefoon gelui en ons is vertel dat beide mans met verskeie koe\u00eblwonde in\u00a0 n rooftog doodgeskiet is, omdat hul wou ontsnap.\u00a0 Ons het nooit die geleentheid gehad om ons vriend te bedank wie ges\u00ea het dat ons vir hom moes wag nie. My\u00a0 lewe het voor my verby geflits met die die wete dat dit een van ons twee wat agtergebly het, kon gewees.\u00a0 Ahoewel ek nie van\u00a0 naalde of pille gehou het nie, het ek steeds &#8216;n paar pille nou en dan gesluk toe\u00a0 twee vriende voor my o\u00eb gesterf het as gevolg van die spuit en oordosering van Walconol.\u00a0 Hulle het so vinnig gesterf dat daar niks was wat ons kon doen nie en het my &#8216;n groter vrees gegee\u00a0 vir naalde.<\/p>\n<p>Om naby aan so &#8216;n oordosering te kom is nie &#8216;n lekker\u00a0 ervaring nie. Op &#8216;n\u00a0 dag het &#8216;n man wat ons geken het na my gekom en my &#8216;n handvol pille gegee.\u00a0 Ek het dit onmiddellik begin sluk, terwyl hy my nog probeer vertel het dat\u00a0 twee genoeg was, maar dit was te laat. Hy het vir my ges\u00ea dit was die meeste\u00a0 Vesparex wat hy iemand nog ooit sien neem het.\u00a0 Dit het gebeur op &#8216;n Vrydagnag en vir vier dae daarna\u00a0 moes ek gevoer word, na die badkamer geneem\u00a0 word en kon nie loop of praat nie.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-291 alignright\" src=\"http:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/ALife2.jpg\" alt=\"Pills\" width=\"283\" height=\"178\" srcset=\"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/ALife2.jpg 283w, https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/ALife2-230x145.jpg 230w\" sizes=\"(max-width: 283px) 100vw, 283px\" \/><\/p>\n<p>&#8216;n Week later het ek\u00a0 ten volle herstel en besluit om nie weer pille te neem nie, alles was in &#8216;n waas en &#8216;n paar vreemde dinge het gebeur om my te weerhou daarvan om weer pille te neem.<\/p>\n<p>Rondom my het te veel ellende en dood plaasgevind as gevolg van dwelms en ek het\u00a0 nooit vergeet van &#8216;n naby skool vriend van my wat buite &#8216;n nag-klub in &#8216;n bakleiery oor &#8216;n meisie was net sestien, gesterf het\u00a0 na &#8216;n dodelike messteek nie.<\/p>\n<p>Die gebruik van dwelms is geen lewe nie en op die ouderdom van vyf en twintig het ek reeds twee keer op trou gestaan, maar dit het\u00a0 nie\u00a0 gewerk\u00a0 nie as gevolg van my dwelmmisbruik.\u00a0 My lewe was &#8216;n gemors, maar soos enige verslaafde het ek geglo dat ek die probleem kon oplos\u00a0 deur nie te erken dat daar &#8216;n probleem is nie. Dit was nog &#8216;n groot fout om dit &#8216;n geheim te hou en ek het\u00a0 toe besluit om op te hou om mandrax en dagga te rook.<\/p>\n<p>Toe\u00a0 het ek begin om koka\u00efen te snuif,\u00a0 hoofsaaklik omdat dit &#8216;n kleiner verpakking was\u00a0 in vergelyking met die van mandrax en dagga.\u00a0 My lewe het baie onbeheerbaar geraak omdat\u00a0 koka\u00efen baie duur\u00a0 en die gewoonte hoogs verslawend was.\u00a0\u00a0 Die gevoel is egter so goed dat jy nie bekommerd is oor jou optrede nie\u00a0 en gee nie om oor die gevolge van wat jy doen nie, die lewe is &#8216;n nagmerrie.\u00a0 Geld begin geen betekenis in die lewe te te h\u00ea nie en jy sien nie die sin van die lewe nie.\u00a0 Die uiteinde was\u00a0 &#8216;n lewe in gevaarlike plekke met dwelmhandelaars, geld en ander verslaafdes omring.\u00a0 Nou het ek goeie geld gemaak en was\u00a0 in staat was om koka\u00efen op skuld\u00a0 van die handelaars te kry, hulle het my vertrou wat beteken het dat dwelmgebruik vir my maklik was.<\/p>\n<p>Op die ouderdom van dertig is ek getroud, maar\u00a0 3 jaar later geskei,\u00a0 ten spyte daarvan dat my eksvrou my\u00a0 probeer help het.\u00a0\u00a0 Om na ander mense te luister was nie my sterk punt nie. Die ergste het nog voorgel\u00ea toe ek\u00a0 op die ouderdom van agt en twintig met &#8220;Crack&#8221; wat net so verslawend soos hero\u00efen, begin het.\u00a0 &#8221; Crack&#8221;\u00a0 was die ergste dwelmmiddel wat ek ervaar het omdat dit regtig alles wat jy het, liefde, vriende, familie, geld en die belangrikste dinge in\u00a0 jou lewe wegneem. Vanaf die ouderdom van agt en twintig tot op die ouderdom van ses en dertig was &#8220;Crack&#8221; my lewe.\u00a0 Al my geld is spandeer op die volgende &#8220;fix&#8221; en my ouers moes my\u00a0 dwelmskuld , wat geensins goedkoop was nie, betaal.\u00a0 Om &#8216;n voorbeeld te noem van die dinge wat &#8216;n persoon in staat is om te doen terwyl hy op &#8220;Crack&#8221; is:\u00a0 die maatskappy waarvoor ek\u00a0 gewerk het, het toegemaak\u00a0 en aangesien ek\u00a0 vir\u00a0 &#8216;n lang tydperk vir hulle gewerk het, het\u00a0 ek\u00a0 &#8216;n tjek van R75 000,00 van hulle ontvang.\u00a0 Die geld het ek binne twee en &#8216;n half weke , waarin ek nooit geslaap het nie , aan &#8220;Crack&#8221; spandeer , dit was asof die &#8220;Crack fix&#8221; nooit sou eindig nie.<\/p>\n<p>&#8220;Crack&#8221;\u00a0 kry jou beet op\u00a0 &#8216;n plek waar jy\u00a0 nie wil beetgekry word nie en wil jou nie laat gaan nie, jy word iemand wat jy nie wil wees nie.\u00a0\u00a0 Wanneer jy sien dat &#8216;n miljoen\u00ear of twee alles verloor as gevolg van &#8220;Crack&#8221;\u00a0 is dit nie lekker nie, want jy besef hoeveel\u00a0 geld jy kon gehad het, maar\u00a0 jy het &#8220;Crack&#8221; gekies wat jou tot R3 000,00 per dag kan kos, soos met die my geval was.\u00a0 &#8216;n &#8220;Crack&#8221;-verslaafde word uit die samelewing onttrek en gee nie om vir ander mense en die lewe nie.\u00a0 &#8216;n Mens moet onthou dat dwelms &#8216;n gewoonte raak en moet op die regte manier behandel word.\u00a0\u00a0 Daar is &#8216;n beter kans op behandeling indien\u00a0 iemand so vroeg as moontlik behandeling kry en veral op &#8216;n jong ouderdom voordat\u00a0 verslawing\u00a0 erger word.\u00a0\u00a0 Die beste oplossing is indien die individu besef en erken dat daar &#8216;n probleem is en hy\u00a0 regtig\u00a0 dwelmgebruik\u00a0\u00a0 wil opgee.\u00a0\u00a0 Dit is nie so moeilik nie, want dit is alles in die kop.\u00a0 &#8220;Crack&#8221; was die mees verwoestende dwelm wat ek ooit ervaar het.\u00a0 Dit word jou god en jy aanbid dit, maar eintlik is dit &#8216;n lewende hel en jy gee nie om vir enigiets rondom jou, behalwe\u00a0 wanneer die volgende &#8220;fix&#8221; gaan kom nie.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-292 alignleft\" src=\"http:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/ALife3.jpg\" alt=\"Cigarette\" width=\"320\" height=\"212\" srcset=\"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/ALife3.jpg 320w, https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/ALife3-300x199.jpg 300w, https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/ALife3-230x152.jpg 230w\" sizes=\"(max-width: 320px) 100vw, 320px\" \/>Nadat ek vir drie maande in &#8216;n rehabilitasiesentrum was en baie geleer het, het baie vir my begin sin maak.\u00a0\u00a0 Dit is moeilik om op die ouderdom van 36,\u00a0 na 23 jaar op &#8216;n soort van &#8216;n geneesmiddel, &#8216;n nuwe lewe te begin.\u00a0\u00a0 Dinge wat altyd in jou lewe was is nou &#8216;n nuwe en vreemde ervaring ,\u00a0 maar dit is &#8216;n uitdaging en &#8216;n uitdaging is vir my om te veg en veg is in my bloed.\u00a0\u00a0 Dinge het baie beter begin lyk noudat\u00a0 harde dwelms iets van die verlede was, maar ek moet altyd onthou dat ek &#8216;n dwelmverslaafde sal wees vir die res van my lewe.\u00a0 Dit sal my baie jare neem om terug te kry wat verlore is, veral om mense se\u00a0 vertroue in my terug te wen en my liefde te bewys aan my familie en die paar vriende wat my gehelp het op my pad van herstel.\u00a0\u00a0 Ek moet ook\u00a0 aan myself bewys dat dit moontlik is om &#8216;n normale lewe te lei met sy &#8220;ups and downs&#8221;\u00a0 en moet dankbaarheid wys aan die mense wat altyd liefde aan my betoon het.\u00a0 Mense is nie bewus van die gevare van harde dwelms nie en dit is rede waarom ek hierdie ware verhaal geskryf het,\u00a0 nie om jou te vertel van die slegte dinge wat ek gedoen het nie, maar om jou te laat besef dat\u00a0 delmmisbruik kan met enigeeen gebeur.<\/p>\n<p>Ons as mense moet betrokke raak\u00a0 en eis dat\u00a0 meer anti-dwelm veldtogte,\u00a0 byvoorbeeld anti-dwelm baniere, anti-dwelm radio en televisie advertensies en meer geselsprog ramme oor hierdie gewoonte aangebied word.\u00a0\u00a0 Ek kan nie s\u00ea dit is die antwoord nie, maar net &#8216;n voorstel.\u00a0 Middelmisbruik speel &#8216;n groot rol in misdaad\u00a0 so dit moet ons\u00a0 aanspoor\u00a0 om mense meer bedag en openlik te maak oor die gevare van alkohol-en dwelmmisbruik.\u00a0 Ons moet saamstaan om die probleem wat\u00a0 ons kinders en die land se toekoms bedreig, uit te roei .<\/p>\n<p>My boodskap aan jou is dat jy nie enige iets moet misbruik nie, dit kan net die begin wees van &#8216;n lang en eensame pad tot verslawing en die ergste soort lewe wat jy jouself kan indink.\u00a0 Jy kan jouself nie voorstel hoe moeilik dit vir my is om\u00a0 om hierdie verhaal van verslawing te skryf nie, verslawing is anders as enigiets wat jy kan beleef, amper soos &#8216;n riller, net erger.<\/p>\n<h3><span style=\"color: #ff0000;\">S\u00ea nee vir dwelms &#8211; dit is nie &#8216;n lewe nie!<\/span><\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie is die ware verhaal van my lewe as afhanklike Author Monument (Lyttelton) Suid-Afrika is &#8216;n groot land met\u00a0 baie probleme.\u00a0\u00a0 Een [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":281,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-287","page","type-page","status-publish","hentry"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.4 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>&#039;n Lewe met dwelms - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"&#039;n Lewe met dwelms - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hierdie is die ware verhaal van my lewe as afhanklike Author Monument (Lyttelton) Suid-Afrika is &#8216;n groot land met\u00a0 baie probleme.\u00a0\u00a0 Een [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-12-12T12:51:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"http:\/\/www.cad.org.za\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-300x225.jpg\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"13 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/\",\"name\":\"'n Lewe met dwelms - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"http:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/3\\\/2016\\\/11\\\/Alife1-300x225.jpg\",\"datePublished\":\"2016-11-21T14:13:47+00:00\",\"dateModified\":\"2016-12-12T12:51:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/#primaryimage\",\"url\":\"http:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/3\\\/2016\\\/11\\\/Alife1-300x225.jpg\",\"contentUrl\":\"http:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/3\\\/2016\\\/11\\\/Alife1-300x225.jpg\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/n-lewe-met-dwelms\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Getuienisse\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/testimonies\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"&#8216;n Lewe met dwelms\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/\",\"name\":\"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens\",\"description\":\"CAD - Oorkom afhanklikheid\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.cad.org.za\\\/afr\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"'n Lewe met dwelms - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"'n Lewe met dwelms - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","og_description":"Hierdie is die ware verhaal van my lewe as afhanklike Author Monument (Lyttelton) Suid-Afrika is &#8216;n groot land met\u00a0 baie probleme.\u00a0\u00a0 Een [&hellip;]","og_url":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/","og_site_name":"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","article_modified_time":"2016-12-12T12:51:35+00:00","og_image":[{"url":"http:\/\/www.cad.org.za\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-300x225.jpg","type":"","width":"","height":""}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"13 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/","url":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/","name":"'n Lewe met dwelms - CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"http:\/\/www.cad.org.za\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-300x225.jpg","datePublished":"2016-11-21T14:13:47+00:00","dateModified":"2016-12-12T12:51:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/#primaryimage","url":"http:\/\/www.cad.org.za\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-300x225.jpg","contentUrl":"http:\/\/www.cad.org.za\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2016\/11\/Alife1-300x225.jpg"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/n-lewe-met-dwelms\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Getuienisse","item":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/testimonies\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"&#8216;n Lewe met dwelms"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/","name":"CAD - Christelike Afhanklikheidsdiens","description":"CAD - Oorkom afhanklikheid","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=287"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/287\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":502,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/287\/revisions\/502"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/281"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.cad.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}