2010 Boodskap


2010

Die jaar waarna so baie mense uitgesien het is hier!

Vir die sportentoesiaste is dit die wêreldbeker vir sokker. `n Geskatte 300 000

mense van oor die hele wêreld gaan op ons land toesak. Die ekonomie hoop

weer vir groot finansiële voorspoed wat hierdie gebeurtenis vir ons land kan bring.

Vir ons is dit die jaar van ons Nasionale Konferensie wat van 26 tot 28 Februarie

deur ons vriende van die Wes Kaap aangebied word. Groot moeite is gedoen en

ons sien met groot afwagting uit na `n geleentheid waar die Heilige Gees ons weer

in oormaat gaan seën. Moet nie ophou bid hiervoor nie!

Die jaar wat voorlê is aan ons almal onbekend. Gelukkig dien ons God wat die tye

in Sy hand hou en vir ons sò lief is dat Hy Jesus as Verlosser vir ons gegee het.

As ons dit met ons hele hart glo, dan kan ons Jeremia 17:7-8 verpersoonlik en

sal dit dan sò lees:

"Dit gaan goed met ons wat ons vertroue in die Here stel, ons vir wie

die Here `n veilige vesting is; ons sal wees soos bome wat by water

geplant is en hulle wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte

voel as dit kom nie en altyd groen blare het; `n droë jaar raak ons

nie en ons sal nie ophou om vrugte te dra nie."

Mag ons almal Jesus Christus in hierdie jaar deur middel van die CAD sò dien, asof

dit die laaste van ons aardse bestaan is!

René Combrinck


Last Updated (Saturday, 30 January 2010 11:15)

 

CAD Nuusbrief

CAD Memo


Receive HTML?

J!Analytics