AAN ALLE GEBIEDSVOORSITTERS EN CAD GROEPE OOR SAAMSTAAN
SAAMSTAAN GAAN HERLEEF
Kommunikasie tussen lede, oud lede en vriende van die CAD is van die grootste belang, as ons dit wil regkry om die hele CAD te mobiliseer vir ons groot visie: Kom ons hou Suid Afrika nugter.
Ons wil nie alleen seker maak dat elke persoon wat pas behandeling ontvang het by ons vriendekring inskakel nie, maar ook baie meer mense baie beter inlig oor afhanklikheid en hoedat ons 'n groot rol speel om dit te voorkom of om nuut gevonde nugterheid in stand te hou.
Deel van die projek is om die Nuusbrief, SAAMSTAAN, te laat herleef. In 'n nuwe baadjie en met 'n lekker lees inslag, gaan dit weer versprei word. Meer nog, om ons almal in ons projekte saam te bind, mekaar aan te moedig en om seker te maak dat elke moontlike belangstellende wat ons wil ondersteun, dit as 'n ingeligte persoon doen, moet ons 'n effektiewe Nuusbrief hĂȘ.
Jy kan ons so help om SAAMSTAAN te laat herleef.
- Stuur vir ons gebiedsnuus, nuus van groepe, getuienisse.
- Stuur vir ons menslike verhale, oor persone waar ons werklik 'n groot verskil gemaak het.
- Foto's, sketse, enige berig wat die belangstelling van mense kan prikkel in ons groot taak.
- Ons ontvang ook graag idees en voorstelle.
SAAMSTAAN gaan 'n groot rol speel om ons almal, saam met al die nuwe vriende wat ons gaan maak, te laat saam staan om regtig 'n nog groter verskil te maak in ons roeping.
Staan asseblief saam met ons om SAAMSTAAN weer 'n werklikheid te kan maak. Veral die naamlyste van lede, oud lede, vriende en familie, gemeentes en al die ander wat ons reeds gevra het, is absoluut noodsaaklik, want dit is hulle wat hierdie Nuusbrief gaan ontvang en sy bestaan gaan moontlik maak.
Sonder hierdie inligting sal ons nie die uitgee van die SAAMSTAAN Nuusbrief kan regverdig nie.
Ons sien uit na julle nuusberigte en idees. En na die besonderhede van die mense wat die nuwe SAAMSTAAN gaan ontvang.
Stuur hierdie brief aan al die CAD groepe binne u gebied asb.
Help asseblief.
Saamstaan groete
Neels Halgryn
Sekretaris Nasionale komitee