Nuusbrief / Newsletter
CAD Memo


Receive HTML?


As jy 'n persoon wil laat opneem in 'n privaat rehabilitasie sentrum moet jy die volgende weet. 
(indien 'n  persoon deur middel van 'n mediese skema befonds word)


1.1    Skakel eerstens met die rehabilitasie sentrum  en stel die volgende vas  :

A)    Vroegste datum wat hy/sy opgeneem kan word.
B)    Die sentrum se praktyk no.
C)    Dokter se praktyk no.
D)    Kode vir opname

1.2    Hou die volgende besonderhede van die persoon byderhand :

A)    Die persoon se mediese fondsnaam en sy mediese fonds no.
B)    Geboortedatum
C)    Rehabilitasie sentrum se naam en praktyk no.
D)    Dokter se praktyk no.
E)    Kode vir opname
F)    Datum wanneer persoon opgeneem kan word

1.3    Skakel die mediese fonds en vra vir 'n opname goedkeuringsno.

Die bogenoemde vrae in punt 2 sal nou aan u gevra word en 'n goedkeurings no sal aan jou gegee word.

1.4    Skakel weer die rehabilitasie sentrum en bespreek  'n plek vir die persoon.  Die volgende vrae sal aan jou gevra word:

A.    Persoon se naam en van
B.    Waaraan die persoon verslaaf is
C.    Persoon se ouderdom en geboorte datum
D.    Naam van mediese fonds
E.    Geskiedenis van behandeling wat persoon al deurloop het.
F.    Watter medikasie, indien enige wat hy tans gebruik.

Die opname is dan goedgekeur en die sentrum sal verdere inligting verskaf.

2.    As die persoon nie oor fondse beskik om na 'n privaat rehabilitasie sentrum te gaan nie, kan jy die volgende doen  :


2.1    Enige persoon kan gratis na 'n rehabilitasie sentrum verwys word deur die staat.  Hulle betaal dan vir al die kostes (wet 20 v. 1990)

U gaan na die hof en meld die saak by die klerk van die hof aan en versoek 'n ondersoek in terme van wet 20 van 1990.

2.2    U benodig die volgende inligting van die persoon  :

A.    Persoon se volle naam, van en id nr.
B.    Ouderdom
C.    Fisiese adres waar die persoon hom bevind
D.    Waaraan die persoon verslaaf is.

2.3    Jy sal dan gevra word om 'n beëdigde verklaring te onderteken.

2.4    Die verklaring sal dan na 'n maatskaplike werker gestuur word, wie 'n verslag sal opstel nadat die saak ondersoek is.

2.5    Die verslag word na die hof gestuur en as daar bevind word dat die persoon 'n alkohol/dwelm probleem het, verwys die hof die persoon na 'n staats rehabilitasie sentrum vir behandeling.  Dit is langtermyn behandeling.  (twee en 'n half maande of langer)

NB  :  dit is nie 'n kriminele saak wat teen die persoon geopen word nie.  Jy hoef daarom nie bekommerd te wees dat die persoon 'n kriminele rekord gaan verkry nie.  Dit is 'n rehabilitasie saak.