Afhanklikheid van ‘n substansie soos alkohol, medisyne of dwelms skep groot probleme.
Nie net vir die afhanklike nie, maar ook vir sy of haar gesin, familie, vriende, werkgewer, wetstoepassers en baie ander.
Daar is niemand beter toegerus om ‘n afhanklike te motiveer om behandeling te ontvang, as iemand wat self die pad van rehabilitasie geloop het nie. Die
sukses faktor van CAD lede wat hierdie moeilike pad moes loop, is baie hoër as ander wat alleen die berg moes probeer uitkom. Professionele kenners gee ons ook gelyk. Dit is die beste werkswyse.
Een van die grootste probleme van iemand wat pas behandeling gekry het is dat vorige vriende deel van jou probleem is, en was! Baie CAD lede en hulle
gesinne het self hierdie ervaring gehad en het onder mekaar ‘n hegte kring van vriendskap gesmee., Elke nuut gerehabiliteerde moet deel van so ‘n nuwe
vriendekring word. Dit is ons strategie om nugterheid in stand te hou.
Die CAD is baie prakties in sy benadering en gee om vir die hele gesin. Ons werk ook graag saam met die werkgewer om die terugkeer werk toe, glad te
laat verloop. Ons wil ook met die nuut gerehabiliteerde se kerk en leraar saamwerk om inskakeling by die gemeente te laat slaag.
Christus Jesus is ook deel van hierdie vriendekring! Dit maak ons as Christelike organisasie anders as baie ander steun stelsels. In Hom vind ons krag en Hy gee aan ons ondersteunende vriendskap aan mekaar ‘n kwaliteit en karakter wat niks anders kan vervang nie, want vir Hom is niks onmoontlik nie!.
Voorkoming en verspreiding van inligting bly vir ons hoë prioriteite.
Jongmense moet gehelp word om die slaggate te vermy. Enige ander persoon, oningelig oor die gevare van afhanklikheid vormende middels soos alkohol, medisyne of dwelms, is in gevaar. Ons visie is om elke Suid Afrikaner ‘n ingeligte besluit hieroor te laat neem.
Ons wil hande vat met elkeen wat hierdie visie deel. Daarom bemark ons ernstig en met oortuiging aan ons saak. Nie ter wille van die CAD self nie
– dit sou selfsugtig wees, maar ter wille van elke Suid Afrikaner! Ons werksaamhede raak elkeen, want dit raak die lewensvreugde van miljoene. Dit
raak ook produktiwiteit en ekonomiese groei. Dit raak misdaad voorkoming. Dit raak waarskynlik elke burger van ons land.
Kontak ons vandag nog as jy betrokke kan raak!!
Kom vat hande met die CAD – elke afhanklike, oud afhanklike en moontlike toekomstige afhanklike het jou nodig.
Kom ons almal saam hou Suid Afrika nugter!
JY KAN OOK ‘N VERSKIL IN HIERDIE KRAGTIGE VISIE MAAK.
E-pos ons by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it '; document.write( '' ); document.write( addy_text41191 ); document.write( '<\/a>' ); //-->\n This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it