5. VERANDERING IN DIE AFHANKLIKHEIDSPATROON
Betroubare navorsing dui aan dat die gebruik en die gebruikspatroon van substansafhanklikes aan die verander is en dat getalle en soorte substansafhanklikheid drasties toeneem. Die navorsing toon byvoorbeeld aan dat:
" Tussen 10% en 33% van volwassenes aan ? alcohol afhanklikheidsprobleem ly dws tussen 1,8 en 3-miljoen SuidAfrikaners;
" 25% van pre-tieners reeds dwelms probeer het, dws ongeveer 2,5-miljoen;
" 47% persent van substansafhanklikes alkohol as eerste keuse verkies;
" Ongeveer 9% van dwelmafhanklikes dui kokaine as eerste keuse aan;
" 2% verkies heroine.
"Nuwe" dwelms en die sg "ontwerper dwelms" maak elke dag hul verskyning. Om maar twee te noem bv het metamfetamien-kristalle (tuk-tuk) sy verskyning gemaak, goedkoop en redelik maklik
verkrygbaar. Onlangs het die gebruik van freon-gas, beskikbaar as so genaamde bevrore-lug, begin populêr word.
Die dwelmbedryf se uitwerking op die ekonomie is bekend, asook die verband tussen substansafhanklikheid, werkloosheid, kriminele dade en geweld. Daar word algemeen aanvaar dat die dwelmbedryf die wêreld se tweede grootste is, net na die wapenbedryf en voor prostitusie.
1. Die CAD se Rol
2. Uitganspunt
3. Bykomende doelstellings
4. Hoof- en Bykomende Doelstellings van die CAD
5. Veranderings in die Afhanklikheidspatroon
6. DIE TIEN NUGTERHEIDSRIGLYNE VAN DIE CAD
6.1 Riglyne vir die Substansafhanklike
6.2 Riglyne vir die Medeafhanklike