4. VERWANTSKAP TUSSEN DIE HOOF- EN BYKOMENDE DOELSTELLINGS
Die verwantskap tussen die hoof- en die bykomende doelstellings van die CAD word uitgebeeld in Fig.1.1. In kort, die doelstellings is gegrond op die Christelike etos, waardestel en leefwyse, naamlik:
o Nugterheid: verseker dat herstellende substansafhanklikes hulle weerhou van die gebruik van afhanklikheidsvormende substanse;
o Behandeling: identifiseer afhanklikes vir behandeling;
o Ondersteuning: ondersteun herstellende substansafhanklikes deur nasorg en herintegrasie in die gemeenskap;
o Groei: voorsien terapeutiese groei aan herstellende substansafhanklikes en hul mede-afhanklikes, en
o Weerstand: bevorder weerstand teen substansafhanklikheid.

1. Die CAD se Rol
2. Uitganspunt
3. Bykomende doelstellings
4. Hoof- en Bykomende Doelstellings van die CAD
5. Veranderings in die Afhanklikheidspatroon
6. DIE TIEN NUGTERHEIDSRIGLYNE VAN DIE CAD
6.1 Riglyne vir die Substansafhanklike
6.2 Riglyne vir die Medeafhanklike