2. UITGANGSPUNT VAN DIE CAD
Die konstitusie van die Christelike Afhanklikheidsdiens (die CAD) soos in November 2005 deur die Nasionale Komitee goedgekeur bepaal dat die CAD voortaan as 'n Organisasie Sonder Winsoogmerk in terme van Wet 71 van 1997 sal funksioneer. As sodanig heet die CAD se hoofdoelstelling:
"Om te verseker dat herstellende substansafhanklikes, hulle weerhou van die gebruik van afhanklikheidsvormende substanse."
3. BYKOMENDE DOELSTELLINGS VAN DIE CAD
In ooreenstemming met wetenskaplik gefundeerde benaderings tot die identifisering, detoksifikasie, rehabilitasie en herstel van persone wat afhanklik is van afhanklikheidsvormende substanse en gebruike; asook in ooreenstemming met Staatsbeleid, -wetgewing en -aksies om die aanwending van sodanige substanse en
gebruike te bekamp, is die bykomende doelstellings van die CAD om:
o Afhanklikes te identifiseer vir behandeling deur afhanklikheidsbehandelingsentra;
o Finansiele en praktiese ondersteuning te bied aan die afhanklike en die betrokke naasbestaandes en/of
medeafhanklikes tydens en na afloop van behandeling;
o Onderlinge ondersteuning, groepsverbondenheid en terapeutiese groei aan herstellende substansafhanklikes en
hulle naasbestaandes en/of medeafhanklikes te verskaf, tydens en na voltooiing van die behandeling van
sodanige afhanklikheid deur 'n afhanklikheidsbehandelingsentrum.
In samewerking met die Staatsdepartemente en organisasies betrokke met die opstel, uitvoer en evaluasie van die bekamping van substansafhanklikheid; kerke; besigheidsorganisasies; skole en ander belanghebbende organisasies en individue, poog die CAD om:
o Weerbaarheid teen afhanklikheidsvorming te bevorder;
o Nasorgdiens aan herstellende substansafhanklikes en hulle naasbestaandes en medeafhanklikes te lewer;
o Die Christelike etos, waardestelsel en -leefwyse uit te leef en uit te bou."
1. Die CAD se Rol
2. Uitganspunt
3. Bykomende doelstellings
4. Hoof- en Bykomende Doelstellings van die CAD
5. Veranderings in die Afhanklikheidspatroon
6. DIE TIEN NUGTERHEIDSRIGLYNE VAN DIE CAD
6.1 Riglyne vir die Substansafhanklike
6.2 Riglyne vir die Medeafhanklike